Jou motorversekering moet beskerm teen die klein jakkalsies/ staffies!

Dit is Chris Chameleon wat sing oor die “Klein Klein Jakkalsies” – daardie klein goeters in ons lewens wat alles mooi deurmekaar kan krap! ‘n Goeie vriend het vanoggend heel ontnugter by sy voertuig waargeneem hoedat die klein hondjies [staffies] op sy erf besluit het om sy Maandag mooi deurmekaar te krap deur te peusel aan die bedrading van sy nuwe Ford Ranger.

Hierdie is bloot nog ‘n rede waarom motorversekering so belangrik is vir elke motoreienaar! Dit is nie net daardie groot motorongeluk of kriminaliteit wat skade kan aanrig nie -maar ook die klein jakkalsies in ons alledaagse bestaan!

Gelukkig vir die hondjies is motoreienaar en sy vrou beide groot diereliefhebbers!!

Posted on by jonckie

Comments Off on Jou motorversekering moet beskerm teen die klein jakkalsies/ staffies!