Toyota Suid-Afrika Motors betreur die afsterwe van Nelson Rolihlala Mandela

Toyota Suid-Afrika Motors betreur die afsterwe van Suid-Afrika se eerste demokratiese president en vader van die Reënboognasie.

Mnr. Mandela sal vir baie dinge onthou word, en Toyota sal sy bydrae om Suid-Afrika vir die wêreld te open, koester. Suid-Afrika het sy stem onder sy wakende oog, en dié van daaropvolgende regerings, hoorbaar gemaak en van ’n plaaslike voertuigverskaffer tot ’n groot uitvoerder wat Trots Suid-Afrikaanse Toyota-modelle na bykans 60 lande regoor die wêreld uitvoer, omgeskakel.

“Ons gedagtes is by Madiba se familie en getroue vriende en met elk van ons kollegas en landgenote wat ’n begeesterde leier verloor het. Ons hoop ons voortgesette belegging in en ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse ekonomie sal ’n gepaste huldeblyk aan sy drome vir Suid-Afrika en sy mense wees,” sê Dr. Johan van Zyl, President en Uitvoerende Hoof van Toyota Suid-Afrika Motors.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Suid-Afrika Motors betreur die afsterwe van Nelson Rolihlala Mandela