Wees baie versigtig by kruisings, verkeersligte en stopstrate!! Roekelose padgebruikers is om ons!

Dit is uiters belangrik dat ons baie versigtig moet wees wanneer ons padkruisings nader! Dat die verkeerslig groen is, is geen aanduiding dat jy maar mag kan nie! Ongelukkig is daar heeltemal te veel wetlose en roekelose padgebruikers wat of geen ag slaan op die teken nie, of waarvan die aandag bloot elders is en dus die padteken verontagsaam!

Die feit dat jy nie die “skuldige” party is nie sal weinig troos wees wanneer jy ‘n eis teen jou versekering moet indien of sonder ‘n voertuig moet klaarkom terwyl jou voertuig herstel word!

Hierdie video hierbo het ek vanoggend self geneem vanaf die video kamera gemonteer teen my voorruit bokant die instrumentpaneel!

Neem altyd die volgende in ag:

  • Moenie maar net aanneem dat ander bestuurders sal hou by die padreëls nie!
  • Dink vir die ander bestuurder ook!
  • Vermy enigiets wat jou aandag kan wegneem van die pad!
  • Neem mooi waar na links en regs voordat jy by die kruising oorbeweeg!

 

Wees ook baie versigtig by verkeersirkels. Loer gerus na ‘n nuwe bladsy op die Arrive Alive webwerf oor veilige bestuur by verkeersirkels:

Safe Driving at the Roundabout / Driving Tips with the Dashboard Camera Recorder

Posted on by jonckie

Comments Off on Wees baie versigtig by kruisings, verkeersligte en stopstrate!! Roekelose padgebruikers is om ons!