Uitwerking van staking knoei groei in voertuigverkope vir 2013

 

  • Stakingsimpak in plaaslike voertuigverkope en -uitvoersyfers te bespeur
  • Handelaarskanale groei namate plaaslike produksie hervat
  • Verkoopsgroei vir die jaar tot nou daal tot onder 5%
Marksegment Oktober 2012 Oktober 2013 %-verandering
Passasiersvoertuie

41 962

40 102

 -4,4%

Ligte handelsvoertuie

14 101

14 125

+0,2%

Medium handelsvoertuie

901

996

+10,5%

Swaar handelsvoertuie

567

456

 19,6%

Ekstraswaar handelsvoertuie

1 016

1 155

+13,7%

Busse

84

93

+10,7%

Voertuig-uitvoer

24 892

21 125

 15,1%

Algehele mark (plaaslik)

58 631

56927

 2,9%

 

Die Suid-Afrikaanse voertuigmark het stadig maar seker tot sy vorige vloei teruggekeer namate voertuigvervaardigers hul aanlegte weer aan die gang gekry en nuwe plaaslik vervaardigde voertuie van die monteerlyn af begin ry het.

Die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers van Suid-Afrika (Naamsa) sê altesaam 56 927 voertuie is in Oktober verkoop, terwyl uitvoer dramaties tot amper dieselfde syfers as voor die staking herstel het.

“Dit is bemoedigend om te sien dat voertuigverkope tot bykans die gewone syfers herstel, veral as ’n mens in ag neem dat bykans 80% van die voertuie wat in Oktober verkoop is, deur die kleinhandelaarsnetwerk van die hand gesit is,” sê Calvyn Hamman, Senior Vise-President van Verkope en Bemarking by Toyota Suid-Afrika Motors.

“Ons verwag dat die momentum weens die vakansieseisoen, sowel as die aflewering van bestellings wat deur dfie staking vertraag is, die verkoopsgroei in November en Desember sal aanhits. Ek dink egter nie die bedryf het genoeg plaaslik vervaardigde voertuie of tyd tot sy beskikking om die groeiteikens wat ons aan die begin van die jaar in die vooruitsig gestel het, te haal nie.”

Verkoopsgroei vir die jaar tot nou het in Oktober tot 3,9% gedaal, en dit is onwaarskynlik dat die teiken van oor die 10%, wat markontleders aan die begin van 2013 bepaal het, nog gehaalkanword.

Toyota Suid-Afrika het sy volle vervaardigingsvermoë herwin en ten spyte van ’n wanbalans ten opsigte van verskillende modelle en kleure weens die staking altesaam 2 894 plaaslik vervaardigde Hilux- en 1 540 plaaslik gemonteerde Quantum-voertuie aan klante gelewer. Die Etios het ’n verdere 2 392 eenhede bygedra om sy plek langsToyotase ander modelle op Suid-Afrika se topverkoperlys in te neem.

Volgens Toyota Finansiële Dienste het die aantal finansieringsaansoeke verlede maand met 10,7% teenoor September 2013 gestyg, terwyl finansieringsaansoeke vir die jaar tot nou 1,3% hoër as in dieselfde tydperk verlede jaar is. Hierdie syfers bewys dat die vraag na voertuie hoog bly, en dat die enigste beperking die beskikbaarheid van voertuie is – veral plaaslik vervaardigde gunstelinge soos die Hilux, Fortuner en Corolla, wat in groot aanvraag is.

“Ons verwag nog verdere groei namate die aflewering van plaaslik vervaardigde voertuie aan handelaars in November herstel,” sê Hamman.

Toyotahet in Oktober altesaam 10 698 nuwe voertuie van die hand gesit, terwyl sy uitvoersyfer van 1 913 eenhede in September tot 4 929 voertuie in Oktober gestyg het. Dit is steeds minder as vorige uitvoersyfers, maar hou groot belofte van verdere groei in November en Desember in.

“Ons sien uit na ’n spoedige herstel van ons vorige verkoopsyfers, maar sal moet aanvaar dat ’n aantal bestellings wat in September en vroeg in Oktober deur die staking vertraag is – plaaslik sowel as die uitvoermarkte – verlore is, en dat ons nie ons oorspronklike verkoopsteikens sal haal nie,” sê Hamman.

2013 sal na verwagting ten spyte van die ongelukkige daling in verkoopsgroei steeds een van die drie beste verkoopsjare in Suid-Afrika se geskiedenis wees.

Posted on by jonckie

Comments Off on Uitwerking van staking knoei groei in voertuigverkope vir 2013