Toyota los voor met Co2 – Uitlaatgasvrystelling in Europa

  • Laagste vlootgemiddelde CO2-uitlaatgasvrystelling van 103,6 g/km in 2012 vir Toyota Motor Europe
  • 23% van algehele vloot van Toyota Motor Europe stel minder as 100 g/km se CO2-uitlaatgasse vry
  • 11 Toyota- en Lexus-modelle in Europa stel minder as 100 g/km se CO2-uitlaatgasse vry – ses daarvan minder as 90 g/km
  • Hibriedverkope in eerste nege maande in Europa oortref dieselfde tydperk in 2012 met 36 652 eenhede (’n 47%-styging)

Toyota Motors in Europa (TME) is as groep steeds los voor op die gebied van uitlaatgasvermindering in Europa, met die laagste gemiddelde CO2-uitlaatgasvrystelling van 103,6 g/km vir sy hele vloot gedurende 2012. Vlootgemiddelde CO2-uitlaatgasvrystelling vir die maatskappy het ingevolge die jaarlikse verslag wat verlede week deur die Europese Kommissie en die Europese Omgewingsagentskap gepubliseer is, met 5,7 g/km teenoor 2011 gedaal, wat ’n vermindering van 5% vir die jaar verteenwoordig. Die huidige stand van sake plaas TME 24,3 g/km se CO2-uitlaatgasse laer as die maatskappy se spesifieke uitlaatgasteiken wat deur die Europese Kommissie vir die 2012-kalenderjaar voorgeskryf word.

Die jongste gradering word as deel van die Europese Komissie se infaseringsprogram vir 65% van die geregistreerde motors vir elke vervaardiger bereken. CO2-uitlaatgasberekenings vir die volgende twee jaar sal ’n stapsgewyse toename in die persentasie motors behels – 75% in 2013 en 80% in 2014 – voordat die 100%-berekening in 2015 van toepassing word.

 

Die TME se spesifieke CO2-uitlaatgasvystelling het volgens die verslag die afgelope 12 jaar met 29% gedaal en op 121,9 g/km in 100% van sy vloot teenoor ’n gemiddelde daling van 23% deur die hele Europa in sy geheel in dieselfde tydperk te staan gekom.

 

TME is die duidelike voorloper in die voertuigbedryf met die hoogste persentasie voertuie wat minder as 100 g/km se CO2-uitlaatgasse vrystel, wat op 23% van die maatskappy se vloot te staan kom.

 

Klante in Europa kanop die oomblik tussen 11 verskillende Toyota-en Lexus-modelle met minder as 100 g/km se CO2-uitlaatgasse kies – waarvan ses minder as 90 g/km vrystel. Dit sluit in: die Toyota iQ (99 g/km), AYGO (99 g/km), Yaris-hibried (79 g/km), Auris (99 g/km), Auris-hibried (84 g/km), Auris-hibried-toermotor-sport (85 g/km), Prius (89 g/km), Prius+ (96 g/km), Prius-inprop-hibried (49 g/km), Lexus CT 200h (87 g/km), en die IS 300h (99 g/km).

 

Die Europese Omgewingsagentskap sê TME se voorsprong in die vermindering van CO2-uitlaatgasse kan ook deels aan die maatskappy se toenemende beskikbaarheid van hibried-modelle, wat ses Toyota- en ses Lexus-modelle behels, toegeskryf word.

 

Verkope van Toyota- en Lexus-hibriedmodelle is in die eerste nege maande in Europa reeds 47% hoër as in dieselfde tydperk verlede jaar (78 380 eenhede). TME se hibriedverkope vir die jaar tot nou staan danksy die stewige vertoning van die Yaris- en Auris-hibried reeds op 115 032 eenhede.

 

Michel Gardel, TME se Visepresident vir Kommunikasie en Eksterne- en Omgewingsake, het dit só gestel: “Ons het nou die keerpunt in Europa bereik. Die sukses van ons hibriedmotorverkope is ’n duidelike bewys dat Europese klante hibriedvoertuie verkies wanneer dit by alternatiewe aandrywing kom.”

 

Toyotahet aan die einde van September 2013 saamgestelde hibriedverkope van 620 588 sedert die koms van die Prius in die Europese mark in 2000 aangeteken.

 

Verkope van Toyota- en Lexus-hibriedmodelle vir die jaar tot nou het tot bykans 20% van algehele verkope in die hele Europa gestyg, wat beteken 2013 sal nog ’n groot stap in die rigting van die maatskappy se bydrae tot CO2-uitlaatgasvrye produkte in Europa wees.

 

 

Tabel – Vlootgemiddelde CO2-uitlaatgasvrystelling (in g/km) in 2012:

 

Vervaardiger

Gemiddelde CO2 (65%)

Gemiddelde CO2 (100%)

Aantal registrasies

Spesifieke teiken

TOYOTA MOTOR EUROPE NV SA

103,6

121,9

515 028

127,9

RENAULT S.A.S

105,4

120,8

800 674

126,7

AUTOMOBILES PEUGEOT

107,7

121,5

773 864

130,4

AUTOMOBILES CITROËN

108,7

122,6

654 993

129,7

FIAT-GROEP S.P.A

109,8

117,2

686 449

118,9

KIA-MOTORKORPORASIE

114,5

129,5

329 474

127,2

SEAT SA

114,8

127,2

252 173

127,1

FORD-MOTORS GMBH

116,5

128,7

917 725

127,8

HYUNDAI-MOTORMAATSKAPPY

118,8

132,2

416 987

128,3

VOLKSWAGEN AG

119,3

133,0

1 535 755

131,2

ADAM OPEL AG

119,7

133,0

814 229

133,8

SKODA AUTO AS

120,0

132,2

460 603

126,7

VOLVO-MOTORKORPORASIE

121,9

142,1

204 539

144,7

NISSAN INTERNASIONAAL SA

122,3

137,3

423 818

131,2

AUDI AG

122,4

137,8

657 068

139,5

BAYERISCHE MOTOREN WERKE AG

123,6

137,5

762 027

138,7

DAIMLER AG

123,9

142,8

631 475

139,6

GM KOREA-MOTORMAATSKAPPY

124,3

141,1

161 153

131,4

AUTOMOBILE DACIA SA

125,1

136,9

232 256

126,7

MAZDA-MOTORKORPORASIE

128,8

141,8

113 565

129,5

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota los voor met Co2 – Uitlaatgasvrystelling in Europa