Toyota gee blik op toekoms by Tokyo Motorskou

 

  • FCV (brandstofsel)-konsep
  • FT 86-oopdak-konsepmodel nou in regterstuur en nader aan produksiemodel
  • FV2 – ’n voertuig met ’n fisieke en emosionele verbintenis met die bestuurder

 

Die FCV-konsepmodel,Toyotase jongste waterstof-aangedrewe brandstofsel-voertuig – met ’n reikafstand en hervultyd soortgelyk aan dié van ’n gewone motor – dui op ’n produksievoertuig watToyotabeoog om teen nagenoeg 2015 bekend te stel.
Die nuweling sal die kollig op die Tokio-Motorskou metToyota se FV2 (Pretvoertuig 2) deel. Dit is ’n motor wat op fisieke en emosionele wyse met die bestuurder verbind – selfs tot die punt waar die bestuurder se gemoedstoestand en bestuursvaardigheid bepaalkan word.

 

Toyota se heldemotors by die skou, wat op 22 November begin, sluit die eerste regterstuur-weergawe van die FT86-oopdak-konsepmodel, wat op die 86-sportmotor gegrond is, in. Dié nuweling sal ’n nuwe blitsrooi-kleur hê, en is ’n stappie nader aan ’n volskaalse produksiemodel waarmeeToyotase pretfaktor beklemtoon word.
Toyota sê die konsepmodel se wêreldbuiging weerspieël sy visie van ’n toekomstige mobiele gemeenskap wat die blote genot van motorry waardeer. Die maatskappy sê die voertuie verpersoonlikToyota se pogings om ’n positiewe bydrae te lewer en voortdurend immer beter motors wat alle verwagtinge oortref, te ontwerp.


Toyota FCV-konsepmodel

Die brandstofsel-konsepvoertuig, wat tot vier insittendeskanhuisves, het ’n reikafstand van minstens 500 km enkanin net sowat drie minute hervul word. Die motor gebruikToyotase relatiewe klein, ligte brandstolselpak en twee 70 MPa (MegaPascal)-hoëdruk-waterstoftenks.
Die brandstofselpak het ’n kragleweringsvermoë van 3 kW per liter – meer as dubbel dié van Toyota se vorige ontwikkelingsvoertuig, wat op ’n Kluger gegrond is, en bied ten minste 100 kW se verrigting. Daarbenewens gebruik die stelselToyota se uiters doeltreffende drukaanjaer-omsetter. ’n Styging in die voltlewering het dit moontlik gemaak om die motor kleiner te maak en die aantal brandstofselle te verminder, wat tot ’n kleiner stelsel met beter verrigting teen laer koste gelei het.

Die voertuigkanmet ’n vol tenk genoeg elektrisiteit verskaf om langer as ’n week in die daaglikse behoeftes van ’n gemiddelde Japannese huishouding (10 kWh) te voorsien.
Die binneruim is ontwerp om die kern-eienskappe van ’n brandstofsel-voertuig te weërspieël – lug word in water omgeskakel terwyl die stelsel elektrisiteit verskaf, en die kragtige versnelling wat met ’n elektriese motor gepaard gaan. Sy kragtige vooraansig pronk met uitstaande luginlate, terwyl sy slanke sy-aansig ’n vloeiende deurprofiel en golfmotief-hervuldop het. Die agterkant is deur die agterstewe van ’n tweerompskuit beïnvloed.
Toyota FV2

Toyotahet ’n slimfoontoepassing ontwerp wat gebruikers in staat stel om mobiliteit van die toekoms, wat deur die FV2 in die vooruitsig gestel word, te ervaar. Die FV2, wat gegrond is op toekomstige voertuigtegnologie wat al ver gevorder is, plaas die klem opToyotase “pret om te ry”-benadering.
Die FV2 is ten gunste van ’n meer intieme verhouding tussen die voertuig en die bestuurder ontwerp – soortgelyk aan die vertroue en gesonde verstandhouding wat tussen ’n perd en ruiter bestaan. Die bestuurder gebruik nie ’n stuurwiel nie, maar verskuif liggaamsgewig om die voertuig te beheer, terwyl ’n intelligente beheerstelsel en -tegnologie vir ’n wye spektrum veiligheidsinligting ingespan word wat gevorderde waarskuwings soos oor voertuie in die blindekol by kruisings insluit.
Die voertuig gebruik op emosionele vlak stemopdragte en beeldherkenning om die bestuurder se gemoedstoestand te bepaal, bestuursgeskiedenis om bestemmings te bepaal en inligting oor bestuursvaardigheid om die bestuurder te help.

’n Toenemende werklikheidsbeeld word op die windskerm vertoon – tegnologie wat sensorinligting van die gebruiker se omgewing met rekenaar-gegenereerde data aanvul. Daarbenewenskan die rompkleur en buitevoorkoms na willekeur aangepas word.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota gee blik op toekoms by Tokyo Motorskou