‘n Kamera op die paneelbord kan help in ‘n twis oor wie die ongeluk veroorsaak!

‘n Besoeker aan die Arrive Alive webwerf het die afgelope week die volgende boodskap gestuur:

“Ek sien basies daagliks voertuie wat op sperstrepe verbygaan, oor rooi robotte doodluiters ry, Polisie en Metro wat hul magte misbruik op die pad, ens ens. Kry mens ‘n bekostigbare kamera wat op die motor se “dash board” geplaas kan word en so iets kan afneem?

Ek dink spesifiek aan die video material waar die vragmotor in KZN die 23 mense in die Taxi’s doodgery het.  Dit was puik om dit te kon verfilm. Hoe meer mense so iets in hul motors kan he en die oortredings kan instuur na die owerhede of Youtube, hoe beter sal mens wetstoepassing kan doen.

Groete”

Ons het onlangs die waarde van sulke kameras op die paneelbord bespreek in ‘n bladsy met die titel “Dashboard Camera Recorder and Road Safety”. Sien gerus die video hierbo geneem by ‘n kruising in die pad in Johannesburg. Hierdie video kan van groot waarde wees vir die versekeraars van beide die motor en die motorfiets!

Ek het self intussen met die PapaGo kamera begin bestuur en moet erken dat ek baie meer bewus is van die gevare rondom my, en ook self meer waak teen my eie gevaarlike gedrag op die pad. Buiten die waarde van die kamera vir die doeleindes van ‘n geskil rondom die werklike oorsaak van ‘n ongeluk is daar ook ‘n waarde vir opleiding en bewusmaking!

Ons het ‘n versameling van hierdie videos beskikbaar gestel op YouTube 

 

Vir meer inligting besoek ook:

“Dashboard Camera Recorder and Road Safety”

 

Posted on by jonckie

Comments Off on ‘n Kamera op die paneelbord kan help in ‘n twis oor wie die ongeluk veroorsaak!