Toyota as waardevolste handelnaam in voertuigafdeling herkies

Toyota se handelsnaamwaarde het die afgelope jaar met 17% gestyg en is weereens bo-aan die lys in die voertuigafdeling van die 2013-verslag van Interbrand se Beste Wêreldhandelsname, en behou daarmee sy Top 10-posisie wat hy verlede jaar beklee het. Die waarde van Toyota se handelsnaam word nou op 35 346 miljoen Amerikaanse dollar ($35 miljard) gereken.

Interbrand het die styging in Toyota se handelsnaamwaarde toegeskryf aan die maatskappy se wêreldwye handelsnaamleierskap en voortgesette skakeling met sy klante. Daarbenewens word die maatskappy se strewe om immer beter motors te ontwerp, op die oog af goed deur sy klante ontvang, soos Toyota se stewige wêreldwye verkope bewys.

Toyota se toonaangewende volwaardige hibriedmotor, die Prius, en die maatskappy se algehele hibriedmotorverkope het steeds ’n groot invloed in die waardebepaling van die maatskappy se handelsnaam. Die Toyota Prius se wêreldwye verkope het nou die driemiljoenkerf verbygesteek, terwyl wêreldwye verkope van volhibriedmotors nou op sowat 5,5 miljoen eenhede staan.

Verkope van Toyota en Lexus se volwaardige hibriedmotors in Europa het die kerf van 600 000 eenhede oorskry nadat die Prius sy buiging destyds in 2000 gemaak het. Toyota het tot dusver vanjaar ’n Europese markaandeel van 75% vir hibriedvoertuie, waar 18% van alle Toyota- en Lexus-voertuie wat daar verkoop word, deur hibriedkrag aangedryf word.

Toyota sal tot aan die einde van 2015 wêreldwyd nog 15 nuwe of herontwerpte volhibriedmotors bekend stel, wat ook ’n brandstofsel-aangedrewe model sal insluit.

Interbrand het Toyota in Junie vanjaar die derde agtereenvolgende keer as die voorste Beste Wêreldwye Groen Handelsnaam in alle bedrywe gekroon deur die maatskappy se werklike omgewingsverrigting teen klante se vermeende verrigting op te weeg.

Interbrand se ISO-gesertifiseerde Beste Wêreldwye Handelsnaam-metodiek ontleed al die verskillende maniere waarop ’n handelsnaam deur ’n instelling bevoordeel word – van voldoening aan klante se verwagtinge tot ekonomiese waarde.

Interbrand se 2013-verslag vir sy Beste Wêreldwye Handelsname is beskikbaar by:

http://www.interbrand.com/en/best-global-brands/2013/Best-Global-Brands-2013.aspx

Toyota in die 2013-Interbrand-verslag vir Beste Wêreldwye Handelsname is beskikbaar by:

http://www.interbrand.com/en/best-global-brands/2013/Toyota

Interbrand se 2013-Beste Wêreldwye Groen Handelsname-verslag is beskikbaar by:

http://www.interbrand.com/best-global-brands/Best-Global-Green-Brands/2013/Best-Global-Green-Brands-2013.aspx

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota as waardevolste handelnaam in voertuigafdeling herkies