Dink voor jy bestuur aan al die gevare en wat gaan gebeur tydens ‘n botsing!

Voor die aanvang van die Formule 1 wedren in Singapoer gister was daar ‘n blik op ‘n reuse advertensie langs die renbaan met die woorde “Think before you drive”. Hierdie leuse is ook vir ons almal wat maar gewone bestuurders is van toepassing. Wanneer ons egter kyk na die gedrag van ons padgebruikers is dit duidelik dat daar nie genoeg gedink word voordat ons bestuur nie!

Ons almal maak heftig beswaar wanneer ander ouers met hul kinders ry wat nie vasgegordel is nie -net om maar self nou en dan dieselfde oortreding te begaan of maar toe te sien hoedat iemand anders ‘n soortgelyke oortreding begaan. Dit word veel dikwels gedoen met die verskonings en verontskuldigings dat

– ek mos versigtig sal bestuur

– ek stadig gaan ry

– die bestemming mos net ‘n kilometer verder is

Dit is nodig dat ons nie net aan ons eie bestuur dink nie  -maar wel aan die van ander en wat sal gebeur indien daardie ander roekelose of dronk bestuurder in ons voertuig vasry!

Vra liewer die volgende vrae

– Is almal in my voertuig vasgegordel?

– Kan ek hul enigsens beter beskerm?

– Hoe bedag is ek op ander padgebruikers om my en sal ek vir myself genoeg tyd en ruimte kan laat om vinnig op te tree in ‘n noodsituasie!

‘n Besoeker aan die Arrive Alive webwerf het hierdie foto gestuur van ‘n bestuurder wat waarskynlik nie mooi nagedink het oor wat met die kinders sal gebeur tydens ‘n botsing nie!!

Posted on by jonckie

Comments Off on Dink voor jy bestuur aan al die gevare en wat gaan gebeur tydens ‘n botsing!