Wat jy dink is Rommel is dalk kommunikasie tussen booswigte soos inbrekers

Ons het onlangs op ‘n versekerings blog gewaarsku teen die berg van onnodige rommel op die sypaadjie. Dit is veral die verpakking van luukse items wat aangekoop is wat ‘n uitnodiging kan wees vir diewe en inbrekers.

Op Facebook is daar weer vandag ‘n ander waarskuwing en ‘n uitnodiging om te versprei wat ons graag hier wil deel. Dit lees soos volg:

Gedink die coke blikkie en sigaret pakkie was odd toe Ek nou net in my driveway in ry! Daar nog nooit goed voor ons hek gele nie! Binne gekom, my mail gekyk, en die volgende email gekry!!!

BUURTWAG WAARSKUWINGS TEKENS:
(STUUR UIT VIR SOVEEL MENSE JULLE KAN, DIT KAN DALK JULLE EIENDOMME OF MOTORS BESKERM OF ROWE EN MOORDE KEER.)

(Hierdie is ‘n samestelling van ‘n praatjie op 25 Februarie 2010 deur die polisie en die volgende is bespreek. Miskien kan die inligting vir iemand waardevol wees.)

Kyk uit vir die volgende:
– As daar ‘n z op stopteken of op pad geverf is, is daar ‘n paar huise in die straat wat geroof kan word.
– As daar ‘n klomp klein klippies opmekaar gestapel word – daar is honde.
– As daar twee groot klippe langs mekaar is – 2 ou mense.
– Daar word ook klippe langsmekaar in ‘n ry gesit om aan te dui hoeveel mense in die huis bly.
– “Swatsika” (Hitler/Nazi) teken op pad geverf of op stoptekens – ook ‘n paar huise in straat: Die rigting waarin die “swatsika” wys is die huis wat geroof gaan word.

KLEURE:

Rooi
Coke blikke, rooi lap ens, dui daarop dat weerstand verwag – gewoonlik persone met vuurwapens. Mense wat in die nag skiet, weet jy het ‘n wapen!
Gewoonlik 2 coke blikkies:
– coke blik oopkant na huis – gemerk – iemand tuis.
– coke blik regop staan – niemand in huis

Wit
Maklike teiken: sorghum boksie, wit plastieksak:
– sorghum boksie na huis toe wys – gemerk maklike teiken.
– wit plastieksak in heining of draad – gemerk maklike teiken.

Groen
Rigting aanduiders:
– Die rigting waarheen die groen bottel ens wys, wys die rigting aan waarheen hulle moet beweeg.

Blou
Iemand in die huis is bereid om saam te werk bv ‘n clicks sakkie:
– blou en wit – maklike teiken en iemand wat saam werk.

Dit is nie nodig om paniekerig te raak of op hol te gaan oor enige rommel wat dalk deur die slorsjorse neergegooi is nie -maar wees bedag. Dit is dus maar goed om die hele tyd op die uitkyk te wees vir enigiets wat verdag mag voorkom en sommer die area om jou huis ook skoon te hou!

Besoek ook:

Tips for increased Safety Awareness and Preventing House Robberies

Waardevolle wenke om die huis te beskerm in jou afwesigheid

 

 

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat jy dink is Rommel is dalk kommunikasie tussen booswigte soos inbrekers