Persverklaring na Kurt Darren Motorongeluk

PERSVERKLARING [Uitgereik deur Louis van Wyk – Music Profile Management]

Vir onmiddelike Vrystelling: Suid-Afrika se geliefde ster – sanger, akteur en televisie aanbieder, Kurt Darren was in ‘n ernstige motor ongeluk in die vroeë oggendure van Sondag 7 Julie 2013.Hy is deur nooddienste per helikopter gelig vanaf die ongelukstoneel en vervoer na Netcare Milpark Hospitaal in Johannesburg. Hy het veelvoudige beserings, kneusplekke opgedoen as ook 8 ribbes gebreek.

Kurt is in ICU van Netcare Milpark Hospitaal in baie pyn maar stabiel en gemaklik. Hy is uit die gevaar zone.Sy broer Darren van Heerden was eerste op die toneel, en beskryf die gebeure as volg: “Kurt was oppad huistoe nadat hy rugby gekyk het saam met sy vriend Marnus Bisschoff en die se assistant Nadia van Rensburg. ‘n Voertuig het hulle van voor genader en was die middel van die pad en reg in die rigting van die voertuig waarin Kurt en vriende gery het. Dit was duidelik dat hierdie voertuig nie gaan uitswaai, en was hulle verplig om links uit te swenk en sodoende het hulle voertuig by ‘n afgrond op die Moloto pad aan die noorde van Pretoria, afgerol.

‘n Naby woonende persoon het die ongeluk gehoor, en noodhulp dienste ontbied. Hulle het voorts mediese helikopters aangevra om beide Kurt en Marnus na hospitale toe te neem. Marnus het ook baie kneus plekke en ‘n opgeswelde rug. Dis nog onduidelik of hy enige verdere beserings opgedoen het. Nadia word behandel in die Steve Biko Hospitaal vir been en heup beserings.”Kurt se vrou Dunay is tans oorsee en is ingelig van die situasie.

Ons bedank die nooddienste vir hulle uiterste vinnige reaksie om sodoende ‘n noodlottige besering te kon vermy. Kurt sal vir 6 weke buite aksie wees tydens sy herstel en is sy bestuursspan by Music Profile Management tans besig om kliente te kontak om van sy vertonings onderandere Vryfees asook Skouspel Plus in die Kaap te kanselleer.Ons bedank ook al die boodskappe van sorg van Kurt Darren se vriende en bewonderaars. Dit word opprys gestel en ons wens almal hiermee vir Kurt, Marnus en Nadia spoedige herstel toe.

Besoek ook:

Arrive Alive webwerf -Kurt Darren Motor Crash

Posted on by jonckie

Comments Off on Persverklaring na Kurt Darren Motorongeluk