Toyota as Beste Groen Handelsnaam Aangewys

Toyota ook bevestig as mees waardevolle voertuighandelsnaam in die wêreld

Toyota het sy voortdurende omgewingsleierskap pas weer bevestig toe hy die derde jaar agtereenvolgens as die wêreld se beste groen handelsnaam aangewys is.

Meer as 10 000 verbruikers wat regoor die wêreld ondervra is, het erkenning gegee aanToyota se verbintenis tot volhoubare omgewingsleierskap en sy belegging in innoverende voertuie soos die toonaangewende Toyota Prius. Hulle waardeer ook die maatskappy se verskillende projekte om kweekhuis-uitlaatgasse te help verlaag en water- en energie-verbruik in sy daaglikse bedrywighede te verminder.
Die 2013-Best Global Green Brands-verslag, wat deur die internasionale handelsnaamkonsultante Interbrand saamgestel word, bepaal die gaping tussen ’n maatskappy se omgewingsverrigting en sy eintlike omgewingsgebruike.
Wêreldwye verkope vanToyota en Lexus se hibriedvoertuie staan nou op 5,22 miljoen, wat tot ’n vermindering van sowat 35 miljoen ton se koolstofuitlaatgasse lei.Toyota is ook wêreldwyd besig met ’n produkbekendstellingsiklus wat voortdurend nuwe of opgegradeerde hibriedvoertuie behels.
Suid-Afrikaanse kopers kan uit ses Toyota- en Lexus-hibriedmodelle kies, waaronder modelle soos die Toyota Yaris, Auris en Prius, en die Lexus CT 200h, GS 450h en RX 450h.
Toyota beplan om sy waterstofbrandstofsel-hibriedvoertuig, wat met nuwegeslag-kragbrontegnologie sal pronk en as die maatskappy se volmaakte ekomotor beskou word, in 2015 vir die mark beskikbaar te stel. Die maatskappy se verbintenis teenoor volhoubare bedrywighede en omgewingsleierskap dring ook regdeur die hele produk-leefsiklus deur.
Toyota is verlede maand in die 2013-verslag van die BrandZ Top-100 Waardevolste Wêreldhandelsname as die wêreld se waardevolste motorfabrikaat aangewys.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota as Beste Groen Handelsnaam Aangewys