PUMA Rugby Unie speel eersdaags gasheer gedurende die eerste dubbel-door toets reeks

Die PUMA Rugby Unie speel eersdaags gasheer gedurende die eerste dubbel-door toets reeks in die geskiedenis van wereld rugby.

Die wedstryd word aangebied op 15 Junie 2013 by die Mbombela stadium in Nelspruit wat ook deesdae die nuwe tuiste is van die STEVAL PUMAS en die Mpumalanga Rugby Unie.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket kantore oral oor die land of via die internet by www.computicket.co.za. Die kaartjie kos R350 en R450 per persoon.

Die eerste toets begin om 14:15 wanneer die spanne van Samoa en Italie mekaar aanvat gevolg deur die toets tussen die Springbokke en die span van Scotland om 17:15

Die Mbombela Stadium hekke maak oop om 11vm en ons beveel ten sterkste aan dat toeskouers gebruik maak van die “Park & Ride” sisteem. Die prys van die rit heen en weer is reeds in die toets kaartjie pry ingelsuit.

Die “Park & Ride” busse sal vertrek en terugkeer vanaf en na die volgende punte:

  • Die N4 X vanaf Pta/JNB
  • Riverside Mall
  • Hoerskool Nelspruit
  • Skou Gronde
  • Public Transport Hub

Daar sal voldoende onstpanning geriewe wees en in die Laeveld sal beslis baatvind by die masiewe opelug kroeg fasiliteite in die nuwe PUMAS Fan Park en die kiosks reg rondom die stadium.

Die “PUMAS Fan Park” sal die plek wees waar almal voor en na die toets gaan kuier. Die “PUMAS Fan Park” sal die volgende geriewe en aantrekkings insluit:

  • Die “Castle Lager Gig Rig” (Sal dien as die verhoog waarvandaan al die vermaak in die Fan Park gedryf sal word gedurende die dag.)
  • Eet stalletjies met hoender Prego’s, Skaap spitbraai rolle, Boerewors rolle ens
  • Yskoue bier en koeldranke
  • Spring Kastele vir die kinders

Kunstenaars wat te siene sal wees gedurende die dag sluit die volgende in:

Jakkie Louw, Isaac Davel, Louis Loock, Zwai Bala, Phelo Bala, The NRG Band, Stiaan Reynierse, Theo Klassen & Johan Sevenster.

Enige verdere navrae kan gerig word aan:

Jay J Botes – Hoof van bemarking | PUMAS Rugby Unie | Cell. 0827775777 | Email. jj@pumas.co.za | www.pumas.co.za | www.mbombelastadium.co.za

n Plan van parking area en stadion reelings gesien word by www.mbombelastadium.co.za

Besoek ook: Spectator Safety on the road to the Sports Stadium

 

Posted on by jonckie

Comments Off on PUMA Rugby Unie speel eersdaags gasheer gedurende die eerste dubbel-door toets reeks