Wees versigtig vir die klein jakkalsies wat jou versekering toets!

Die Afrikaanse sanger Chris Chameleon sing ‘n liedjie met die naam “Klein Klein Jakkalsies”. Dit handel oor daardie klein goeters op ons lewenspad wat ons so dikwels kan pla, ontstel en terughou – daardie goed wat so knaag aan ons geluk!

Dit is aan hierdie goeters waaraan ons dink as ons na die video hierbo kyk! Daar is dikwels daardie ongelukkies wat ons so maklik kon vermy as ons maar net meer bedag en oplettend was. Dit is ook hierdie ongelukkies wat ons geen eise rekord beeindig of meebring dat ons versekeringspremies opwaarts aangepas word na ‘n paar onnnodige eise!

Dit is egter ook vir ons ‘n waarskuwing – die realiteit is  – al is ons hoe versigtig moet ons maar aanvaar dat ongelukke kan en sal gebeur – en ons moet onsself daarteen verseker!!

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Wees versigtig vir die klein jakkalsies wat jou versekering toets!