Kan ek by enige tak van die lisensie owerheid aansoek doen vir die hernuwing van bestuurslisensie kaarte?

Vraag:

Weet jy dalk of mens met die nuwe E-Natis stelsel by enige tak van die lisensie owerheid kan aansoek doen vir die hernuwing van bestuurslisensie kaarte?  Ek het op die webblad gekyk, maar kry nie veel inligting daaroor nie en ook nie eers wat die koste nou daaraan verbonde is nie.

Sal eintlik nogal ʼn blessing wees as mens dit by enige kantoor kan doen, want anders beteken dit weer ʼn dag se verlof vir my om dit in die Wesrand te moet doen.

Antwoord:

Om haar vraag te beantwoord, sy kan na enige stasie die naaste aan haar huis gaan met die voorwaarde dat sy haar lisensie weer by dieselfde stasie gaan afhaal.  Sy moet ‘n afskrif van haar ID saamvat en die prys is R227 per lisensie, slegs kontant.  As sy ‘n oogtoets voor die tyd laat doen by ‘n privaat dokter kan sy dit saamneem.

Laat weet maar as daar enige verdere vrae is.

Riaan Visser

Bureau Manager

Prodiba

Posted on by jonckie

Comments Off on Kan ek by enige tak van die lisensie owerheid aansoek doen vir die hernuwing van bestuurslisensie kaarte?