Veiligheid om swembaddens is nie net nodig tydens Somer!

Alhoewel dit nou winter raak en die weer allermins swem weer is, is veiligheid om swembaddens regdeur die jaar belangrik.

Kinders kan in ʼn oogwink in ʼn swembad val. Statistieke ten opsigte van die verdrinking in swembaddens neem steeds jaarliks toe.

Ons deel graag ‘n paar wenke soos verskaf deur CrisiOnCall.

Hier volg ʼn paar waardevolle wenke wat altyd by swembaddens toegepas moet word:

  • Swembaddens moet omhein word met ʼn veilige heining waaroor kinders nie kan klim nie.
  • Die hekkie wat gebruik word, moet self toegaan en nie maklik deur ʼn kind oopgemaak kan word nie. (Hou die hekkie gesluit wanneer die swembad nie gebruik word nie.)
  • Indien daar nie ʼn swembadheining opgesit kan word nie of die swembad is toeganklik van ʼn deur uit die huis, behoort ‘n veiligheidsnet opgesit te word.
  • Alle deure wat toegang tot die swembadarea verleen, moet altyd gesluit wees.
  • Kinders moet nooit sonder volwasse toesig by ʼn swembad toegelaat word nie.
  • Moet nooit speelgoed of items met helder kleure op die swembad laat dryf nie.
  • Leer kinders van jongs af om te kan swem.
  • Noodhulpopleiding word aanbeveel vir elke lid van die familie sowel as die huiswerkers.

 

Indien ʼn kind in ʼn swembad aangetref word, haal die kind onmiddellik uit, kontak CrisisOnCall en begin met noodbehandeling.

Posted on by jonckie

Comments Off on Veiligheid om swembaddens is nie net nodig tydens Somer!