Mag trekkers bestuur word op openbare paaie?

Photo by Denese Lups

Vraag:

Ons het by verskeie instansies navraag gedoen asook die by die munisipaliteit om uit te vind wat sê die wet oor trekkers op openbare paaie, maar kry uiteenlopende antwoorde.

Ons wil graag weet of gelisensieerde trekkers wel op openbare paaie mag ry, indien wel, hoe ver en moet die bestuurder van die trekker oor enige kwalifikasies beskik?

Kan u ons asb hiermee behulpsaam wees?

Antwoord:

Ja indien die trekker nie ‘n S klassifikasie het en as spesiaal lisensiegeld betaal nie mag hy gebruik word. Daar is heelwat vrystellings in reg 219. Trekkers sonder ligte mag net in die dag op die pad wees.

Die drywer moet ‘n kode B hê maar mag ‘n endossement onder die lisensiekode wys wat as 5 aangedui word. Dit beperk die drywer tot die bestuur van trekkers.

Groete
Alta Swanepoel

Posted on by jonckie

Comments Off on Mag trekkers bestuur word op openbare paaie?