Toyota Suid-Afrika beloon eerste vroulike Tophandelaar

Des Wiseman

Imperial Toyota Kemptonpark is met die gesogte Toyota-Handelaar van die Jaar-toekenning by ’n galageleentheid by die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum bekroon. Dié toekenning is deur Desiree Wiseman, die eerste vroulike handelaarshoof wat dié prys wen, in ontvangs geneem.

Die Imperial Toyota Kemptonpark-handelaarskap bedryf al die afgelope twee jaar sake van hul nuwe perseel af. Desiree Wiseman is ’n indrukwekkende leier en is op intieme wyse by elke deel van die onderneming betrokke, tog laat sy haar bestuurspan steeds toe om hul eie afdelings te bestuur.

Dr. Johan van Zyl, President en Uitvoerende Hoof van Toyota Suid-Afrika Motors, het Imperial Toyota met hierdie prestasie geprys.

“Hul vertoning bewys dat sterk leierskap en die regte mense die verskil maak. Die Toyota-waardes van die grootste agting vir ander en voortdurende verbetering, verseker dat die personeel mekaar en hul klante goed behandel, wat klante telkens met ’n glimlag by die handelaarskap laat uitstap.”

Imperial Toyota Kemptonpak het ook nog twee toekennings by dieselfde geselligheid losgeslaan, naamlik die Visepresidentstoekenning vir Voertuigbemarking, en die Presidentstoekenning vir die beste handelaarskap in die afdeling vir groot handelaarskappe. Dit bewys dat Desiree en haar span goed op die gebied van verkope vaar en hul vertoning voortdurend verbeter.

“Imperial is ’n ou vennoot van Toyota en hul steun aan ons deur handelaarskappe soos Imperial Toyota Kemptonpark, sowel as aan ander afdelings, soos motorsport en voertuigverhuring, word werklik hoog op prys gestel.

“Ons bring hulde aan Desiree aangesien sy bewys het dat harde werk, toewyding en die voortdurende motivering van jou personeel dít is wat nodig is om jou tot bo te neem. Sy het in ’n buitengewoon mededingende bedryf tot heel bo gestyg en die eerste vroulike handelaarshoof geword wat die Handelaar van die Jaar-toekenning wen,” sê Dr. van Zyl.

“Desiree Wiseman lei haar span deur die voorbeeld te stel en geniet wye erkenning onder haar kollegas en klante vir die toewyding waarmee sy te alle tye vorendag kom. Haar sterk gees vir spanwerk is tasbaar wanneer ’n mens by die handelaarskap instap.”

NTT Toyota Barberton is by ’n galageleentheid op 8 Maart met die prys van Toyota Finansiële Dienste se Uitvoerende Hoof beloon nadat hulle hul finansieringsmark aansienlik uitgebrei het. Toyota Finansiële Dienste het 73% van NTT Toyota Barberton se Toyota-nuwevoertuig-kleinhandelverkope in 2012 en 69% van hul Automark-verkope gefinansier, wat op ’n bedrag van oor die R100 miljoen se nuwe ooreenkomste vir 2012 neerkom.

Die NTT Toyota Barberton-handelaarshoof, Dirk Kotze, en sy span voldoen aan Toyota Finansiële Dienste se verbintenis tot gerieflike, vinnige en veelsydige diens aan Toyota se klante, en het ’n nuwe maatstaf vir klantediens bereik.

“Toyota Finansiële Dienste is ’n onafskeidbare deel van die Toyota-groep en ons roem ons op ons voorste klantediensgradering, wat die beste in die bedryf is, sowel as ons vinnige ommekeer. Dirk en sy span het selfs ons hoogste verwagtinge oortref en ons wens hulle geluk,” sê Johan Brink, Uitvoerende Hoof van Toyota Finansiële Dienste.

Verskillende toekennings is die aand oorhandig, waaronder talle Visepresidentstoekennings. Die Hino-, Lexus- en Lexus Finansiele Dienste-Handelaar van die Jaar-toekennings is ook by dié geselligheid oorhandig.

Gaste wat die galaverrigtinge bygewoon het, is op vermaak van kunstenaars soos Bianca le Grange, Letoya Mangezi, Elvis Blue, Timothy Moloi en Shaun V getrakteer. Die geleentheid is ook ingespan om Toyota se ongeëwenaarde 33 jaar van markleierskap in Suid-Afrika te vier.

Des Wiseman of Imperial Toyota Kempton Park is the first female to receive the Dealer of the Year award. Handing over the award is from left; Hitoshi Muramoto, Executive Vice President and Chief Coordinating Executive, Dr Johan van Zyl, President and CEO of Toyota South Africa and Calvyn Hamman, Senior Vice President: Sales and Marketing.

Die belangrikste toekennings van Hino, Lexus en Lexus Finansiële Dienste is as volg:

Hino-Handelaar van die Jaar

Hino Oos-Rand – Frans Cloete

Lexus-Handelaar van die Jaar

Lexus Kingsmead – David White

Lexus Finansiële Dienste se Uitvoerendehoof-toekenning

Lexus Oos-Rand – Dean Turnbull

Dirk Kotze of NTT Toyota Barberton receives the Toyota Financial Services CEO Award from Johan Brink (right) CEO of Toyota Financial Services.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Suid-Afrika beloon eerste vroulike Tophandelaar