Toyota dra die louere in die jongste JD-Powers peiling weg

Sewe Toyota-, Lexus- en Scion-modelle (Scion is ’n Toyota-handelsnaam in die VSA) het segmenttoekennings in die Amerikaanse 2013-J.D. Power and Associates-voertuig-betroubaarheidspeiling gewen – meer as enige ander voertuigvervaardiger. Dié navorsingsmaatskappy bepaal elke jaar wat die mees betroubare voertuie op Amerikaanse paaie is, en publiseer die lys in sy Voertuigbetroubaarheidsindeks. Betroubaarheid word gemeet deur die aantal probleme in ag te neem wat deur die eienaars van motors wat drie jaar oud is, aangemeld is ten einde vas te stel hoe die voertuie ná ’n paar jaar se gebruik vaar.
Die peiling het ook bevind:

  • Toyotais die hoogste gegradeerde handelsnaam buiten die vernaamste spelers en het die tweede agtereenvolgende jaar die derde plek ingeneem;
  • Toyotase sustersfabrikaat, Lexus, was die tweede agtereenvolgende jaar die hoogste op die lys vir voertuigbetroubaarheid met minder as 15 probleme per 100 voertuie; en
  • Die Lexus RX is die eerste sportnuts wat los voor die res van die voertuie in die bedryf was en het net 57 probleme per 100 voertuie ouer as 3 jaar gehad.

 

2013-voertuigbetroubaarheidspeiling – uitblinkers per segment

Segment Gradering Model Probleme/100
Subkompakte motor 1 Scion xD 112
2 ToyotaYaris 122
Kompakte motor 1 ToyotaPrius 95
Intreevlak-weeldemotor 1 Lexus ES350 58
Kompakte veeldoelvoertuig 1 Scion xB 138
Kompakte kruisvoertuig/sportnuts 1 ToyotaRAV4 84
3 ToyotaFJ Cruiser 98
Middelgrootte weelde-kruisvoertuig/sportnuts 1 Lexus RX 57
Minibussie 1 ToyotaSienna 146
Lexus 1 Algeheel 71
Toyota 3e (gelyk) Algeheel 112
Bedryfsgemiddelde 126

Bykomende voorbeelde van Toyota se verbintenis tot die hoogste standaarde vir gehalte, veiligheid, betroubaarheid en waardebehoud sluit in:

  • ’n Vooraanstaande verbruikerspublikasie wys Toyota, Scion en Lexus as die drie beste handelsname aan vir betroubaarheid en ses van die top tien “Beste waardes” vir 2012;
  • Lexus slaan ’n kolhou as die hoogste geradeerde handelsnaam in die 2012-J.D. Power and Associates-peiling vir Aanvanklike Gehalte, Voertuig-betroubaarheidspeiling, Klantetevredenheidsindeks en Verkopetevredenheidsindeks;
  • Die Kelley-gids gee erkenning aan 18 voertuie van die Toyota-Motorkorporasie met Beste Herverkoopwaarde – meer as enige ander voertuigvervaardiger in 2012; en
  • Altesaam 19 voertuie in die stal van die Toyota-Motorkorporasie word deur die Versekeringstigting vir snelwegveiligheid as topklas-veiligheidskopies vir 2012 aangewys – meer as enige ander voertuigvervaardiger – en vier 2012-modelle kry vyf sterre in die Amerikaanse NHTSA se nuwemotor-botstoetsprogram.

 

Wat die plaaslike perspektief betref, het Toyota Suid-Afrika onlangs Ipsos (voorheen Synovate) se voertuig-gehaltetoekennings geheel en al oorheers en sewe goud-segmenttoekennings en drie goud-handelsnaamtoekennings losgeslaan.Toyotahet ook die eer gehad dat hy die beste modeltellings in al die segmente gehad het. (Ipsos het 22 000 nuwevoertuigeienaars binne die eerste drie maande van eienaarskap ondervra. ’n Internasionaal erkende benadering om die telling as probleme per 100 voertuie te bereken, is gebruik. Die voertuie met die laagste telling is die hoogste gegradeer.) Die modelreekse wat uitgestaan het, was die Yaris, Auris, Corolla en Hilux, wat almal topposisies in ’n aantal segmente losgeslaan het.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota dra die louere in die jongste JD-Powers peiling weg