Tienjarige Bloemfontein meisie jongste op Kilimanjaro

20130225-103652.jpg

Met stapstokke omhoog en Barbie pop in die hand, staan die tienjarige Tashlene Cronje van Bloemfontein vir niks en niemand terug nie! Sy het dan sopas saam met familie en vriende die hoogste berg in Afrika en hoogste losstaande berg in die wêreld, Kilimanjaro geklim en sommer die wêreld se jongste meisie geword wat dit al gedoen het!

Tashlene, ‘n graad 3 leerling aan die Laerskool Willem Postma het haar inspirasie gekry van haar pa wat al meeste van die hoogste berge in die wêreld geklim het. Dit was haar droom om eendag saam met haar pa op een van hierdie hoogste pieke te staan.

Sy het die 13de Desember vertrek na Tanzanie op ‘n ekspidisie wat 7 dae geduur het. Sy is vergesel deur haar pa Henk, ma Denielle, onderwyseres Isebel Homsek, fisioterapeut Petro Carson en ‘n vriend Gerald Roberts. Tasha het uiteindelik op 20 Desember om 08:40 Uhuru Piek bereik en sodoende die wereld rekord gebreek vir die jongste meisie wat nog wettiglik geklim het en sonder hulp of suurstof die piek bereik het. Die rekord was gehou deur Sarah O’Neill, 11 jarige van Ierland. Sy het ook die record van Christiaan Viviers van Suid Afrika van 10 jaar en 4 dae geewenaar. Aangesien Tanzanie se wetgewing bepaal dat kinders onder 10 jaar nie bo 3700m mag klim nie, het Tashlene haar 10de verjaarsdag die 16de Desember op die berg op kamp 2 gevier 3100.

Volgens Tasha (soos familie en vriende haar noem) se pa mnr Henk Cronje is akklimatisering die grootste uitdaging met die klim van hoë berge en goeie hidrasie en voeding van kardinale belang. ‘n Hele 21kg se kospakkies het saam gegaan vir additionele voeding tot die kos wat daar voorgesit word! Tasha het vir die afgelope paar maande onder die waakvolle oog van fisioterapeut Petro Carson by ‘n biokinetikus geoefen en het baie kilometers se draf agter die rug. Sy is baie opgewonde en sê dat sy soveel ondersteuning by haar vriende en familie ontvang het. Haar drafmaat Gina (haar skaaphond) het ook baie inspirasie verleen.

Tasha samel ook in die proses geld in vir twee sake na aan haar hart, naamlik die Beodene sorgsentrum vir mense met gestremthede en vir haar skool se Outisitiese klassie se uitbreidings. Danksy Tafelronde 158 in Bloemfontein het Tashlene geld ontvang vir elke meter wat sy in hoogte gevorder het. So al sou sy dit dalk nie tot heel bo gemaak het nie, sou elke tree ‘n verskil in iemand se lewe gamaak het! Wat ‘n inspirasie!

Isebel Homsek wat ‘n onderwyseres is by haar skool en saam met Tasha geklim het hoop om saam met Tasha op dieselfde wyse genoeg geld in te samel vir hulle projek by die skool om die geriewe vir die outistiese klas in die skool uit te brei.

Met hope entoesiasme baie voorbereiding en so ‘n goeie doel kon Tasha se ekspidisie net ‘n suskses wees en wys dit ons net weereens dat dit gewone mense is wat ongewone dinge doen en werklik ‘n verskil kan maak in hul gemeenskap!

Vir navrae aangaande die projekte en ekspedisie kontak denielle@paco.co.za

Vriende en familie kon haar Facebook blad by www.facebook.com/Tasha.Kilimanjaro besoek gedurende die ekspidisie om na haar en haar groep se vordering te verneem en is steeds beskikbaar met gedetaileerde inligting van die ekspedisie.

Besoek ook:

Versekering moet in plek wees wanneer bergklimmers die hoogste pieke aandurf!

Sterftes op Mounte Everest vestig aandag op gevaarlike sporte en lewensversekering

Posted on by jonckie

Comments Off on Tienjarige Bloemfontein meisie jongste op Kilimanjaro