Ongelukke gebeur vinnig – Baie Vinnig!! [Video]

Een van die redes waarom so baie motoriste nie hul veiligheidsgordels dra nie is dat hul dink dat wanneer hul versigtig bestuur hul mos nie in die moeilikheid sal beland nie..! So baie glo dat hul net gou vinnig winkel toe ry en nie aan veel gevaar blootgestel is nie.

Die beste manier om te wys hoe vinnig ‘n ongeluk gebeur is om gebruik te maak van ‘n video van ‘n werklike ongeluk!

Om enigsens ‘n kans te staan om so ‘n ongeluk te oorleef is dit noodsaaklik dat veiligheidsgordels beskerming moet verleen – enige kind op die agtersitplek wat nie vasgegordel is nie sal bloot geen kans staan om so ‘n ongeluk te oorleef nie!

Neem altyd in ag dat al bestuur jy hoe versigtig – ‘n ander bestuurder kan beheer verloor en jou lewe en die van jou passasiers in gevaar stel!

Mag hierdie vir ons almal ‘n waarskuwing wees – ongelukke gebeur nie net met ander agterlosige mense nie!!

Kyk die Video

Posted on by jonckie

Comments Off on Ongelukke gebeur vinnig – Baie Vinnig!! [Video]