By versekeraars is daar veel meer respek vir die vroulike geslag!

Tye het inderdaad baie verander! Vandag word vroue respekteer as gelykes en dikwels word hul nie net respekteer maar wel ook beloon vir hul verhoogde veiligheid op die pad!

Daar is altyd ‘n gestryery oor wie van mans of vrouens die beste of veiligste bestuurders is  – maar mans kan nie redeneer teen die feit dat hul meer ongelukke veroorsaak en ook ‘n groter risiko op die pad is vir versekeraars nie!

Daar is eenvoudig te veel data oor ongelukke en veral ook die ernstigheid van die ongelukke en dus is dit inderdaad korrek om te aanvaar dat vroue bestuurders veiliger op die pad is! Dit is ook die rede waarom sommige versekeraars spesifiek fokus op vroue bestuurders en hulle groepeer in een katagorie ten einde goedkoper versekeringspremies beskikbaar te stel!

Vroue is egter nie altyd respekteer vir hul bekwaamhede en vermoëns nie – Kyk na die foto hierbo en spesifiek na die beskrywing “Let Wel” onderaan!!

Posted on by jonckie

Comments Off on By versekeraars is daar veel meer respek vir die vroulike geslag!