AfriForum hou kontak met Suid-Afrikaners in die buiteland

Beste Vriende

Deur die jare het julle op ons adreslys beland as mense wat permanent en gelukkig in die buiteland woon …

of mense wat daar gewoon het …

of daar woon en eendag weer wil terugkeer na Suid-Afrika.

In 2003 het ons die Kom Huistoe-Veldtog begin vir die terugkerendes en dit gaan steeds voort. Ons besef egter almal wil of gaan nie terugkeer Suid-Afrika toe nie, maar het tog behoefte aan kontak in Suid-Afrika, net soos ons ook baie graag van julle ervarings en prestasies in die buiteland wil hoor. Ons wil dus nou ʼn gereelde nuusbrief, webwerf en Facebookgroep loods waardeur ons oor die grense heen met almal kan kontak hou. Dit sal die volgende insluit:

• Nuttige inligting vir Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon oor paspoorte, belasting, ensovoorts;
• Die jongste nuusberigte uit Suid-Afrika;
• Die jongste nuus van Suid-Afrikaners wat elders woon;
• Bekendstellings aan interessante emigrante;
• Lekker sosiale bedrywighede byvoorbeeld fotografiekompetisies;
• Ruimte waar Afrikaanse kerke in die buiteland hulle besonderhede kan laai;
• ʼn Kontakpunt vir gratis advies;
• Blogs;
• ʼn Inkopiehoekie met tipiese Suid-Afrikaanse kopies;
• en veel, veel meer!

Voorstelle is welkom!

Om mee te begin, wil ons graag verneem of julle belangstel om kontak met ons te hou. Indien wel, laat weet ons – ons hoor baie graag van julle!

Ons wil ook baie graag ons databasis uitbou en soveel mense as moontlik bereik. Stuur die boodskap dus asseblief so wyd aan as wat julle kan en nooi nog mense om by ons in te skakel, of stuur hulle adresse aan ons en ons kontak hulle.

Ons hoop ons gaan nog lank en lekker saamkuier!

Mooi wense

Alana Bailey & Sue-Ann de Wet
AfriForum Internasionaal

Afriforum webwerf

Posted on by jonckie

Comments Off on AfriForum hou kontak met Suid-Afrikaners in die buiteland