Watter drastiese stappe meen Suid-Afrikaners is nodig om die padslagting te stop?

Met soveel sterftes op ons paaie is daar uiteenlopende menings oor wat gedoen kan word om die padslagting stop te sit. Een van die besoekers aan die Arrive Alive webwerf het sy mening gedeel rakende drastiese stappe wat hy sou wou sien. Ons deel dit graag:

“1300 SLAGOFFERS en ons tel nog…..

Dis ongelooflik hoe ons mense op die paaie letterlik afgemaai word EN die ouens met dik brille bly net praat en dreig.

Ongewone toestande ( soos die verseker!) eis ongewone drastiese stappe.

Ek sal graag ‘’n klip in die bos wil gooi….

1. Verminder die spoed op ons snelwee na 110 km/h ( O ja daar sal onmiddelik mense wees wat skreeu “ Dis onproduktief en dit sal ons ekonomie strem. ek dink daar is veel meer voordele – minder mense dood, minder brandstof word gebruik, kos ons dus minder buitelandse valuta,minder pad en voertuig onderhoud….)

2. Spoed boetes vir die wat graag 120 km/h wil ry, is op ‘’n glyskaal vanaf 115 – 120. ( meeste ry hopelik onder 115)

3. Spoed boetes oor 120 – R 1000 per km vanaf 110 km/h

4. Spoed boetes oor 140 km/h – R 2000 km/h vanaf 110 EN sy motor en lisensie ( vir 2 jaar) word gekonfiskeer.

Daar kan dalk ‘’n probleem wees met die wat geld skuld op motors. Ek dink tog daar kan wetgewing wees wat Finansieringshuise verplig om ‘’n para in hul kontrakte te sit wat kopers attent daarop maak dat as hul motors sou gekonfiskeer word, hulle die uitstaande bedrag onmiddelik moet betaal.

5. Die vraag onmiddelik – hoe beheer mens dit, wat van korrupsie by beamptes wat die wet langs die paaie toepas.?

Ek dink dis maklik. As ek my kredietkaart in Pofadder gebruik, kry ek onmiddelik( of maksimum 1 dag) later ‘n SMS van die bank af wat my inlig van die transaksie.

Nou hoekom nie dieselfde tegnologie inspan met ons verkeersbeamptes nie? As die spoedinstrument ‘’n spoedoortreding REGISTREER, dan ‘’n boodskap deurstuur na die beampte se kontrole plek. As hy/sy weer by sy kantoor kom, kan die boetes wat geskryf MOES word dan gekontroleer word
met die elektroniese data. . Dit sal korrupsie grotendeels uitskakel.

As beamptes weet daar is goeie beheer, wel net die vrot appels gaan probeer en gou sal hulle uitgeskakel word.

6. Ja, daar is ook ander faktore wat aangespreek moet word, soos Roekelose en Dronk bestuur. Daarvoor het ons meer prominente polisie teenwoordigheid op ons paaie nodig. Dalk kan van die gekonfiskeerde voertuie ( en daar sal baie nuwes wees) na hulle toe gaan, dit sal die wetstoepassers sekerlik meer mobiel maak , juis in ‘’n tyd dat daar nie geld vir hul begrotng is nie !

7. En stadsgbiede? Weereens, die spoedgrense moet verminder word.

8. 50 km/h. Die ouens wat graag 70 wil ry betaal ‘’n glyskaal boete vanaf 60 – 70. As hy/sy 80 ry is die boete R 250 p/km vanaf 60 en oor 80 is dit R 500 p/km vanaf 60. Oor 100 km/u, word sy lisensie summier gekonfiskeer vir 2 Jaar.

Ek sien trouens op die nuus dat Engeland hul stedelike spoed (in sekere gebiede) verminder het na 20 myl /pu ( rofweg 32 km/u).

9. Hoe maak ons seker mense betaal hul boetes? Een of ander tyd moet ‘’n motorlisensie of bestuurslisensie hernu word. Dit moet dan onmoontlik wees om dit te doen as daar boetes uitstaande is!

10. Ons moet die tegnologie gebruik tot voordeel. Die mensdom het dan al ‘’n mens op die maan geplaas – niks is meer onmoontlik nie? (Ja, daar is ouens wat se “het ons regtig?”)

Groete

Giel”

Dink jy hierdie stappe sal help om ons paaie veiliger te maak? Stuur gerus jou wenke na info@arrivealive.co.za

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Watter drastiese stappe meen Suid-Afrikaners is nodig om die padslagting te stop?