Hierdie is waarskynlik die minder omvattende onderhoudsplan!!

Dikwels is ‘n vinnige besluit om ‘n paar rand te bespaar ‘n onnodig duur besluit! Ons vind dit ook dikwels in die versekeringsindustrie waar motoreienaars oorreed word om vir ‘n paar rand goedkoper te skuif van versekeraar! Tot hul skok en na ondertekening van die kontrak kom baie motoreienaars dan agter dat hul nie dekking het vir allerlei noodsaaklike gebeurtenisse nie. Dit gebeur ook dikwels dat daar dan ‘n bakleiery ontstaan oor wat die verkoopsagent oor die telefoon verduidelik het en waaarop ooreengekom is!

‘n Gereelde besoeker aan die Arrive Alive webtuiste het hierdie interessante fotos gestuur van die herstel van ‘n voertuig op eg Suid-Afrikaanse manier! Hierdie is waarskynlik nie die beste manier om te verseker dat die voertuig behoorlik in stand gehou word nie – en waarskynlik is daar geen motorversekering nie – of geen motor-diensplan nie!

Vir meer inligting oor voertuigherstel en instandhouding besoek hierdie skakels:

Vehicle Maintenance and Repair

Vehicle maintenance and safety guide to roadworthiness of vehicles

Posted on by jonckie

Comments Off on Hierdie is waarskynlik die minder omvattende onderhoudsplan!!