Fotos van voertuig wat brand buite Beaufort-Wes vestig aandag op gevare op die pad!

Die Arrive Alive webwerf het ‘n e-pos ontvang van die brandende voertuig buite Beaufort -Wes die afgelope Sondag. Ons haal graag aan:

“Hier is die foto’s wat ek met my kamera geneem het.

Ons het op dieselfde tyd as die BMW gestop. Hy het die rook sien uitkom voor by sy kar.

Ons was drie motors met brandblussers wat gestop het en probeer het om die brand te keer en die vlamme te blus.

Ek dink die BMW het run-flat bande opgehad en nie agtergekom sy voorwiel is pap nie. Dit was 32 grade buite. Hy het toe gewoonweg gery en die band het so warm geword dat dit aan die brand geslaan het.

Niks van die insittendes is beseer nie en hulle kon darrem hulle besittings agter uit die kar uitkry voordat dit heeltemal uigebrand het.

Dis baie hartseer.

Johan van Eeden

Chatz Connect – Northridge Mall

Vir veiligheid en voertuie wat brand besoek ook:

Escape and safety from vehicle fire

Posted on by jonckie

Comments Off on Fotos van voertuig wat brand buite Beaufort-Wes vestig aandag op gevare op die pad!