Wees versigtig met die verbygaan van vragmotors!!

Met ‘n onlangse rit tussen Bloemfontein en Oudtshoorn sal ek erken dat meeste van die vragmotorbestuurders heel beskaafd en veilig bestuur het. Dit was veral verblydend om waar te neem hoedat baie van die vragmotors bestuur is met ligte aan. Dit kan veral toegeskryf word aan Imperial i-Pledge se ligte –aan veldtog.

Meeste vragmotorbestuurders het ook dikwels spasie gemaak vir my om verby te gaan deur links te beweeg na die skouer.

Die gevaarlikste was egter daardie vragmotors wat versuim om ‘n behoorlike volgafstand van ander vragmotors te handhaaf. Vir die bestuurder van die gemiddelde passasiersmotor is dit moeilik om veilig sommer 2 vragmotors op een slag verby te gaan selfs al is dit ‘n redelike lang reguit pad. Hierdie wyse van bestuur maak motoriste ongeduldig en lei tot onnodige neem van kanse.

Agter een van hierdie vragmotors was daar wel ‘n belangrike waarskuwing wat ons elke dag in ag moet neem.

Die waarskuwing was “Indien jy nie my sy -spieël kan sien nie –kan ek jou nie sien nie!”

Dit is belangrik dat ons baie versigtig sal bestuur agter vragmotors en wel ook ‘n behoorlike volgafstand sal handhaaf.

Maak eers behoorlik seker dat dit veilig is om verby te gaan – en wees ook versigtig om nie verby te gaan terwyl iemand van agter reeds probeer om jouself en die vragmotor verby te steek nie. Probeer ook seker te maak dat die vragmotor bewus is van jou.

Wees versigtig om nie die flikkerlig van die vragmotor te misgis vir ‘n teken om verby te gaan terwyl die vragmotor in werklik na regs wil afdraai nie!

Vir meer inligting oor die veilige verbygaan van voertuie besoek gerus die Arrive Alive webwerf en hierdie skakel:

Safe Overtaking and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on Wees versigtig met die verbygaan van vragmotors!!