Versigtige bestuur die beste manier om jou versekeringseise te beperk!

Die afgelope week het ons wenke vir veilige bestuur vir die komende feesseisoen saamgestel. Dit is onrusstellend hoe baie ongelukke daar elke dag op die paaie voorkom sonder dat daar enige duidelike nuwe rede daarvoor bestaan.

Dit is nou maar so dat ons betaal vir die sondes van die verlede – en dit sluit in die versuim om korrupsie by lisensiering hok te slaan. Daar is eenvoudig te veel bestuurders wat nie hoort op die paaie nie!

Dikwels voel ons magteloos wanneer ons weet dat ons baie tyd op die pad moet vertoef en totaal weerloos is teen die gedrag van ander onverskillige bestuurders. Dit help egter nie om maar net hande in die lug te gooi nie – die verantwoordelikheid berus by elkeen van ons om alles binne ons vermoë te doen om te verseker dat ons nie die oorsaak van ‘n ongeluk is nie – en dat ons wel in staat sal wees om ook ‘n ongeluk te voorkom.

Die afgelope naweek was ek weer op die pad tussen Bloemfontein en die mooie Clarens in die Oos-Vrystaat! Dit was weer duidelik dat die toestand van ons paaie baie aandag nodig het – en so ook die gesindheid van ons bestuurders!

Daar word eenvoudig te veel kere verbygesteek waar dit onveilig is en ons hou ons steeds te besig met goeters wat ons aandag van die pad af wegneem. Dit is belangrik dat ons te alle tye beide hande op die stuurwiel sal hou en hou by die padreëls.

Ons wil graag ook die wenke vir padveiligheid vir die feesgety hier deel met ons lesers!

Besoek gerus die volgende skakels:

Road Safety with a Cautious Smile for Festive Season 2012

Posted on by jonckie

Comments Off on Versigtige bestuur die beste manier om jou versekeringseise te beperk!