Maak seker dat jou motorversekering dekking verleen teen hael en stormskade!

“Die weer is aan die verander” – Hierdie stelling word al meer gehoor tydens gesprekke. Die afgelope maand het ons groot storms ervaar met vloedskade in die Oos-Kaap en skade weens hael en storms  aan die Oos-Rand. In Amerika het orkaan Sandy geweldige verliese veroorsaak met wind, reën en sneeu.

Die weerkundiges en klimaatkenners beweer dat globale verwarming een van die redes is waarom ons dalk al meer van hierdie verskynsels kan verwag. Die vraag uit ‘n versekeringsoogpunt sal wees – “Wat kan ons hieraan doen en hoe kan ons onsself beskerm?”

Dit is belangrik om nie maar te wag totdat die rampe ons tref voordat ons weer kyk na ons versekering nie. Vir baie Suid-Afrikaners is hierdie die tyd van die jaar dat hul vinnig probeer om die nodigste te verseker. Dit is egter ook geen geheim dat baie versekeraars nie sommer huisinhoud wil verseker weke voor die Desember vakansie nie. Dit gebeur te veel dat huisinwoners hul huise verlaat en dan of ‘n eis instel met hul terugkoms of besluit om sommer weer hul versekering te kanselleer!

Na die haelstorms aan die Oos-Rand is heelwat motoreienaars wreed ontnugter met die besvestiging dat hul voertuie nooit beskerm was teen haelskade nie. Baie motoreienaars neem die beskostigbaarste versekering uit en let nie behoorlik op die bepalings van die kontrak nie.

Op sommige van hierdie kontrakte word duidelik stipuleer dat haelskade nie ingesuit is in die polis nie – maar addisioneel uitgeneem kan word teen ‘n bykomende premie.

Sien hierdie voorbeeld:

Voorbeeld uit polis van King Price

Dit is raadsaam om seker te maak dat jou motorversekering tog dekking verleen teen haelskade. Die veranderende weersomstandighede maak die waarskynlikheid van skade bloot ‘n te groot risiko!

Weet jy wat is die bepalings binne jou motorversekeringskontrak ten opsigte van haelskade? Maak nou seker en vergelyk sommer ook die premie met ander versekeraars se premies met insluiting van dekking teen haelskade!

Posted on by jonckie

Comments Off on Maak seker dat jou motorversekering dekking verleen teen hael en stormskade!