Die lewe is te kort vir padwoede!!

Soms moet ons diep asemhaal, mooi nadink en eers dan optree. Dit is veral die geval wanneer ander bestuurders ons woedend maak op die pad! Ek het gister weer bestuur saam met ‘n goeie vriend wat sukkel om homself te beheer wanneer hy voel dat ‘n ander bestuurder hom verontrief. Ons voel dikwels veilig in ons eie voertuig en toon ons woede dan vanuit ons voertuig met die wys van tekens, te blaas op die toeter ens. Sommige is egter geneig om selfs hul voertuie te gebruik op ‘n gevaarlike wyse om hul woede te toon!

Dit is belangrik om te besef dat daar baie bestuurders is wat nie emosioneel stabiel is nie en dikwels net daardie laaste rede soek om heeltemal die kluts kwyt te raak!

Vind hierby aangeheg ‘n video van juis so ‘n voorbeeld uit Rusland waar ‘n padgebruiker skote vuur op ‘n motoris wat hom ontstel het!

Wat kan ons doen om padwoede te voorkom? Die Arrive Alive webwerf het ‘n eenvoudige 10Punt-plan:

1. Vergeet van en ignoreer jou probleme by die werk en tuis en konsentreer op jou bestuur!

2. Beplan jou reis ten einde stres en angs te verminder.

3. Volg ‘n positiewe gemoedsinstelling om frustrasie te beperk.

4. Speel rustige musiek op die radio.

5. Moenie probeer om ander bestuurders se gedrag te verander nie – jy kan net jou eie bestuur verbeter!

6. Bly kalm en verdraagsaam ten spyte van provokasie.

7. Bestuur met die deure van jou voertuig gesluit en indien jy gevaar vermoed moenie die veiligheid van jou voertuig verlaat nie!

8. Tel van 1-10… dit is ou advies maar steeds goeie raad!

9. Moenie reageer met jou toeter, deur ligte te flits of gebare te maak wat die situasie slegter kan maak nie!

10. Indien jy die slagoffer is van aggressie op die pad, neem die registrasienommer en rapporteer aan die polisie.

Onthou dit is beter om laat op te daag as nooit!!

Vir meer inligting besoek die Arrive Alive webtuiste en die volgende skakels:

Posted on by jonckie

Comments Off on Die lewe is te kort vir padwoede!!