Waadevolle wenke wanneer versekering van verskillende versekeraars vergelyk word

Met die strawwe kompetisie in die versekeringsindustrie is dit al meer belangrik vir kliënte om hul huiswerk mooi te doen voordat hul besluit op ‘n spesifieke versekeraar! Daar het sedert die ontstaan van die internet baie direkte versekeraars tot die mark toegetree en elkeen probeer iets spesiaal of uniek vind wat hom kan onderskei van mededingers.

Hierdie “uniekheid”maak dit egter ook ‘n bietjie moeiliker vir die kliënt om die kaf en die koring te onderskei van mekaar. ‘n Vergelyking kan nie maar net op prys gemaak word nie maar moet ook wees volgens wat presies aangebied word en watter “ekstras” daar mag wees!

In hierdie bespreking wil ons kortliks let op wenke wat waardevol mag wees by die vergelyking van versekeringsprodukte.

  • Gebruik verskillende platforms

Daar is verskillende webwerwe waar versekeringsprodukte aangebied en vergelyk word. Party webwerwe word beskryf as prysvergelykings – webwerwe of sogenaamde “aggregators”. Dit mag raadsaam wees om nie  net op een webtuiste se resultate staat te maak nie maar wel meer as een platform te gebruik. Die noodsaaklikheid om meer platforms te gebruik geld ook vir besprekingsforums waar komplimente en kritiek rakende versekeraars verskaf word.

  • Maak dubbeld seker van inligting

Jy moet altyd seker maak dat jy die regte inligting verskaf. Indien jy nie dieselfde inligting verskaf nie moet jy ook nie ‘n soortgelyke resultaat verwag nie. Ons praat dikwels van die noodsaaklikheid om appels met appels te vergelyk – maar selfs dan moet die appels ook dieselfde wees. [Granny Smith en Golden Delicious is nie diesefde appels nie!!]

  • Stoor jou inligting

Dit is raadsaam om aan te teken presies watter inligting verskaf is sowel as die resultate wat aan jou verskaf word. Dit mag dalk net help wanneer jy hierdie inligting later nodig het of weer wil kwoteer. Met die direkte versekeraars is dit goed om te onthou dat die telefoongesprek opgeneem moet word!

Dit het onlangs ‘n vriendin gehelp nadat sy meegedeel is dat haar motorversekeringspremie met ‘n bepaalde persentasie sal verhoog vir die volgende jaar. Sy is egter met die uitneem van die versekering verseker dat die premie vir 3 jaar gewaarborg is om dieselfde te bly. Sy het dit aangeteken en kon terugverwys na die opname van die telefoongesprek.

  • Vergelyk met jou bestaande versekring

Selfs al lyk die premie wat aangebied word aanloklik is dit steeds raadsaam om, indien jy oor bestaande versekering beskik, weer kontak te maak met jou huidige versekeraar. Deel jou huidige versekeraar mee van die premie wat jou aangebied is en vind uit of hul dit ook kan aanbied of selfs kan verbeter!

  • Onthou dat die speelveld nie altyd dieselfde is vir almal nie.

Jy mag vind dat nie alle versekeraars op dieselfde speelveld meeding nie. Onthou dat die versekeringspremies beskikbaar op ‘n vergelykende webwerf nie die enigste beskikbare aanbiedings mag wees nie.

Party versekeraars beluit om nie op vergelykende webwerwe te kwoteer nie. Jy kan hul steeds direk nader en vergelyk met die aanbiedings wat jy kon verkry deur die vergelykende webwerwe.

  • Hou jou vinger op die pers en ontwikkeling

Dit is belangrik om die vergelyking van versekering nie as ‘n eenmalige transaksie te sien nie. Daar is gereeld ontwikkeling in die industrie en sogenaamde “nuwe generasie” produkte. Daar is ook huidig baie vordering in die sogenaamde “versekerings telematie” industrie waar tegnologie gebruik word om versekeringspremies te individualiseer en goedkoper te maak vir veiliger bestuurders.

Maak altyd seker dat jy tred hou met en voordeel kan trek uit die ontwikkeling en kompetisie in die industrie. ‘n Bietjie ekstra moeite kan heelwat besparing op jou uitgawes vir versekering meebring!

Posted on by jonckie

Comments Off on Waadevolle wenke wanneer versekering van verskillende versekeraars vergelyk word