Nataniel praat oor vroue bestuurders en konsentrasie op die pad!

Foto deur Artlink.co.za

Die baie talentvolle Nataniel is nie iemand om sommer stil te bly oor belangrike sake nie – en wanneer Nataniel praat mag ons luister! Dit is veral wanneer dit gaan oor die skoner geslag dat Nataniel ‘n kenner blyk te wees – en dus mag ons maar let op wat hy dink van die bestuur van ons skoner geslag! ‘n Besoeker aan die Arrive Alive webtuiste het die volgende kommentaar van Nataniel met ons gedeel:

Vanoggend terwyl ek (minding my own business-as men normally do) op die
snelweg ry, kyk ek oor my skouer en sien ‘n vrou hier langs my …. in ‘n
splinternuwe Polo, met haar gesig tot teenaan die tru-spieëltjie gedruk,
besig om maskara aan te sit.

Kan jy dit glo?

Ek het net vir ‘n paar sekondes weggekyk, maar toe ek my weer kon kry, is sy
halfpad oor in my baan, nog steeds besig met haar blerrie maskara.

Nou kyk, as ‘n man skrik ek normaalweg nie maklik nie. Maar die vroumens het
my so die horries gegee dat ek my elektriese skeermes uit my hand laat val
het, wat op sy beurt die “Steak & Kidney pie” uit my ander hand laat glip
het en ‘n gemors op die “gearlever” laat los het.

In die hele deurmekaarspul – terwyl ek die kar probeer stuur met my
knieë -glip die selfoon toe weg van my oor, drop in die vuurwarm Wimpy
koffie tussen my bene, verbrand vir grootseun en die tweeling dat ek gil van
pyn en natuurlik my sigaret voor in my hemp laat val.

Die gevolg: my selfoon in sy moer, my broek papnat, my nasaat masjien uit
aksie vir wie weet hoe lank, my beste hemp vol gate gebrand en ek het boonop
‘n belangrike oorsese oproep verloor.

Blerrie vroumens-bestuurders…………………

Op ‘n ernstiger noot let gerus op die volgende skakels:

Avoiding distractions while driving

Hands-Free, Distracted Driving and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on Nataniel praat oor vroue bestuurders en konsentrasie op die pad!