Moet jou versekeringspremie daal soos wat jou motor ouer word?

Hierdie is een van die onderwerpe waaroor versekeraars, versekerde kliënte en selfs die tesourie al haaks geraak het. Ten einde die antwoord te vind is dit nodig dat ons van nader kyk na versekering en ook die gevolge van inflasie.

Sommige versekeraars gebruik ook hierdie aspek in hul advertensies om voornemende kliënte te oortuig om eerder by hul te verseker as by hul kompetisie.

Wanneer jy jou voertuig verseker word daar ‘n maandelikse versekeringspremie bepaal vir die die risiko verbonde aan die herstel of vervanging van daardie voertuig. Jou motor se markwaarde is baie belangrik in hierdie berekening en dit is dus bloot natuurlik om aan te neem dat die vermindering van die waarde van daardie voertuig met tyd ook belangrik sal wees in die toekostige berekening van daardie premie…

Ons verwys hier dikwels na die begrippe waardevermindering of depresiasie.

Dit is egter nie net die markwaarde van jou versekering wat die enigste rol speel in die berekening van die kostes en herstel van die voertuig nie.

Dit is belangrik om daarop te let dat daar verskeie ander faktore is wat ‘n rol speel en wat ‘n opwaartse druk plaas op die versekeringspremie.

Hierdie faktore sluit in:

  • Normale druk as gevolg van inflasie. Hierdie inflasie druk wissel dikwels tussen 5-10% elke jaar.
  • Druk as gevolg van verhoogde risiko van voertuigskade meegebring deur die toename in ongelukke, slaggate en misdaad.
  • Die koste verbande aan herstel van die voertuig mag jaarliks toeneem as gevolg van verhoogde arbeidskostes ens.
  • Ten spyte daarvan dat jou voertuig se waarde mag verminder kan die waarde van voertuigonderdele nodig vir die herstel jaarliks toeneem.

Hierdie faktore bring gevolglik mee dat daar nie ‘n vanselfsprekende vermindering teen ‘n bepaalde jaarlikse koers mag plaasvind nie.

Wat is die beste raad?

Die beste advies is dus om seker te maak dat jy elke jaar weer kommunikeer met die versekeraars ten einde vas te stel of daar nie ‘n beter versekeringspremie is nie. Moenie aanvaar dat jou versekeraar die premie gaan aanpas nie. Kontak jou versekeraar of makelaar en maak seker dat daar ‘n kwotasie verskaf word volgens die nuutste data.

Dit moet insluit nie net die model van jou voertuig nie, maar ook die afstand gery en waar die voertuig bestuur en parkeer word. Moet nooit nalaat om volledige inigting te verskaf nie – dit mag dalk net verseker dat jy ‘n billike premie betaal vir die regte dekking!

Bewys van Inflasie:

Sien hieronder die salarisstrokie van ‘n Standerd 2 juffrou in 1971:

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Moet jou versekeringspremie daal soos wat jou motor ouer word?