J9 Earnsure maak bydrae tot lyers aan motorneuron – spiersiekte

Voor die aanvang van die Rugbytoets Saterdag in Soweto is erkenning gegee aan die bydrae gelewer tot Springbok rugby deur voormalige skrumskakel Joost Van Der Westhuizen. Dit was ‘n emosionele oomblik vir beide Joost en die duisende rugby ondersteuners by die stadion. Joost Van Der Westhuizen is tans gewikkel in ‘n stryd teen motorneuron -spiersiekte en het beluit om ook hierdie stryd te stry namens baie ander wat lei onder hierdie siekte.

Ons het die goedgedink om meer inligting hieroor te verskaf met die hulp van CrisisOnCall. CrisisOnCall het met J9 Earnsure hande gevat om ook so ʼn bydrae tot die welstand van mense met motorneuron-siekte te maak.

Ons haal graag aan uit die CrisisOnCall Nuusbrief:

Voormalige Springbok rugbyspeler, Joost van der Westhuizen (www.joost.co.za), baklei vir sy gesondheid nadat hy met motorneuron-spiersiekte gediagnoseer is. Hy het onder die diepe besef gekom dat hy ander in soortgelyke omstandighede moet help en stig toe die J9 FOUNDATION. ‘n Organisasie sonder winsbejag waarby vriende, Jan Publiek en die sakesektor betrokke kan raak ter ondersteuning van lyers se behandeling en lewenskwaliteit met behulp van beskikbare programme, sonder om noodwendig ekstra kapitaal uit te haal! Maar eers…

Wat is motorneuron-siekte?

Die motorneuron-siektes (MNS) is ‘n groep ernstige afwykings wat die brein en rugmurg affekteer. Dit vernietig motorneurone, d.w.s. die senuweeselle wat die spiere beheer wat vir essensiële aktiwiteite soos praat, loop, asemhaal en sluk gebruik word. Dit kan tot spastiese bewegings of styfheid van die spiere van die ledemate lei, wat knie- en enkelrukkings veroorsaak.

Simptomatiese en ondersteunende behandeling kan pasiënte meer gemaklik maak en hulle lewenskwaliteit verbeter. Party pasiënte mag sterker medikasie soos morfien benodig om spierskeletale abnormaliteite te hanteer.

Fisiese en spraakterapie, beroepsterapie en rehabilitasie mag help om postuur te verbeter,gewrigonbeweeglikheid, stadige spierverswakking en atrofie te verhoed en slukprobleme te hanteer. Hulpmiddels soos ondersteuningsapparate of harnasse, ortopediese spalke,spraakhulpmiddels en rolstoele help party pasiënte om hul onafhanklikheid te behou.

MNS kan by volwassenes en kinders voorkom en is meer algemeen by mans. By volwassenes verskyn simptome meestal ná die ouderdom van 40. By kinders, veral in die geval van oorerflike vorms van die siekte, kan simptome reeds by geboorte teenwoordig wees, of binne die eerste jaar verskyn.

Die oorsake van nie-oorerflike MNS is nie bekend nie, maar omgewings-, toksiese-, virale- of genetiese faktore mag betrokke wees.

Lede wat betrokke wil raak om hierdie hartverskeurende saak te ondersteun, hoef bloot hul korttermynversekeringsportefeulje oor te skakel na www.j9earnsurance.com en behalwe vir moontlike besparings, mag polishouers in sekere gevalle selfs hul huidige diensverskaffer behou! (Vir navrae, kontak Eugene Joubert, sel:083 601 9835 of stuur ʼn e-pos met die onderwerp J9 na marketing@crisisoncall.co.za)

Posted on by jonckie

Comments Off on J9 Earnsure maak bydrae tot lyers aan motorneuron – spiersiekte