Is wat jy lees, hoor en verstaan dieselfde?

‘n Goeie vriend het ‘n epos gestuur wat dalk net die regte medisyne is om hierdie dag met ‘n glimlag af te skop! Wanneer ons praat oor versekering beklemtoon ons dikwels die belangrikheid om te verstaan wat ons lees en om noukeurig te kyk na die fyner besonderhede op die polis. Dit is nou maar so dat misverstande dikwels later ‘n groot bakleiery afgee!

Dit is dan ook die rede waarom die Ombudsman daarop aandring dat terme en voorwaardes in versekeringskontrakte in eenvoudige bewoording moet verskyn sodat hulle maklik verstaan kan word. Ons is dikwels geneig om verskillende betekenisse aan woorde te heg. Dit is dan ook soms die geval met verskillende vertolkings van eenvoudige begrippe deur mans en vrouens.

Die volgende bied ‘n humoristiese blik op sulke woorde met verskillende betekenisse:

1.. WATSENAAMS
Vroulik…… Enigiets onder ‘n kar se enjinkap.
Manlik….. Die ding waarmee ‘n bra vasgemaak word.

2. KWESBAAR
Vroulik…. As jy jouself emosioneel teenoor iemand anders openbaar.
Manlik…. As jy krieket speel sonder ‘n boks.

3. KOMMUNIKASIE
Vroulik… Om onvoorwaardelik jou gevoelens met jou metgesel te deel.
Manlik… ‘n Nota op die yskas voordat jy uitgaan saam met die boys.

4. COMMITMENT
Vroulik…. ‘n Behoefte om te trou en ‘n gesin te he.
Manlik …… Om nie ander girls te chaaf op ‘n date nie.

5. VERMAAK
Vroulik…. ‘n Goeie fliek, konsert, opvoering of boek.
Manlik…… Enigiets wat mens kan doen met ‘n blik of ‘n glas in die een hand.

6. FLATULENSIE (WINDERIGHEID)
Vroulik…. ‘n Embarrasserende newe-effek van slegte spysvertering.
Manlik…… ‘n Oneindige bron van vermaak, veral tydens male bonding.

7. AFSTANDBEHEER
Vroulik …. ‘n Toestel om na ‘n ander TV-kanaal te verander.
Manlik ….. ‘n Toestel om in 5 minute deur 85 TV-kanale te scan.

8. VOORUITBEPLANNING
Vroulik …. Haal die wasgoed af voordat dit begin reen.
Manlik ….. Koop twee kaste bier voor die langnaweek begin.

9. ‘N ROMANTIESE AAND
Vroulik …. Kersligete, sjampanje, agtergrondmusiek, kaggelvuur, skuimbad, seks.
Manlik ….. Seks.

Posted on by jonckie

Comments Off on Is wat jy lees, hoor en verstaan dieselfde?