Jou versekeraar sal moet opdok indien onbeskikbaar in tye van nood!

 

Ons bespreek dikwels die verpligtinge aan die kant van die versekerde. Dit is egter ook belangrik om nie uit die oog te verloor dat die versekeraar ook verpligtinge het nie. Een van hierdie verpligtinge blyk te wees die beskikbaarheid in die geval van ‘n noodsituasie en bystand met ‘n eis.

Ek wil graag een so ‘n voorbeeld aanhaal waar die Ombudsman ‘n beslissing gemaak het:

Die stukkende Geyser en die aangewese Loodgieter

Die noodlot het die versekerde, ‘n finansiële beplanner, getref op die 26ste Desember 2003. Teen ongeveer 22h30 het die geyser gebars  – waarna die versekerde die elektrisiteit en die water na die geyser afgeskakel het.

Daardie volgende oggend, ‘n Saterdag teen ongeveer 8h30, het die versekerde die noodnommer by sy versekeraar geskakel en die boodskap op die telefoon het hom meegedeel dat hy deurgeskakel sal word na die nommer van die goedgekeurde loodgieter. Hy het ongelukkig die “the subscriber you have dialled is not available at present. Please try again later” boodskap ontvang!

Die versekerde het herhaaldelik weer probeer die volgende uur maar telkens dieselfde boodskap ontvang. Uit desperaatheid het hy dus die Geel Blydsye genader en die nummer van die Drain Surgeon gekry. Die Drain Surgeon het in sy advertensie aangedui da thy ‘n “versekeraar goedgekeurde loodgieter” is.

Die loodgieter van Drain Surgeon het die probleem vinnig en professioneel opgelos en die versekerde het die rekening van R4,700 betaal. Die eis is ingedien by die versekeraar en nadat die bybetaling van R500 in ag geneem is het die versekeraar die bedrag van R2,700 betaal . Dit het die bedrag van R1,500 uitstaande gelaat.

Beslissing van die Ombudsman

Die ombudsman het aangedui dat die versekerde, weens geen fout aan sy kant, nie in staat was met die versekeraar se goedgekeurde loodgieter kontak te maak nie. Daar is ook nie ‘n alternatiewe nommer of maatskappy naam  op die elektroniese telefoon – antwoordstelsel gelaat nie.

Die Versekeraar het dus toegegee en die uitstaande bedrag van R1,500 betaal

Bron: Ombudsman Nuusbrief : 03/04

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Jou versekeraar sal moet opdok indien onbeskikbaar in tye van nood!