Die regte lig kan veiligheid bied teen gevare in die nag!

Hoe goed is jy beskerm in die geval van nood op die pad of ‘n gevaar in die nag by die huis of werk? Soms is dit net nie moontlik om te wag vir die sekuriteitsdienste nie en moet ons self in die donkerte regkom.

Ons almal weet van iemand wat ‘n papwiel in die aand gekry het of waar die alarm tuis of by die werk ons genoop het om self ondersoek in te stel. Dit is juis hier waar die regte flits ‘n groot bydrae kan lewer tot verhoogde veiligheid. Ek het onlangs die mense ontmoet van NiteCoreSA en ek wil dus ook hier inligting deel oor ‘n produk wat kan help met ons veiligheid in ‘n noodsituasie in die donker.

Het jy geweet dat ons NiteCoreSA kwaliteit flitslig nie net gerieflik is om byderhand te hê  in die donker nie, maar dit kan ook jou of ander se lewens red in ‘n noodsituasie. Byvoorbeeld in geval van‘n motorongeluk of wanneer ‘n misdadiger jou aanval. Gebruik effektiewe beligting/ flitsligte om aankomende verkeer te waarsku van n gevaarlike situasie (flikker funksie) of skyn in die oë van ‘n misdadiger wat jou wil aanval (skerpste funksie). Die NiteCoreSA flitsligte kan absoluut ‘n noodsaaklike hulpbron van lig wees as jy dit die nodigste het. Spoor die flits op in die donker deur middel van sy rooi hartklop liggie wat elke paar sekondes flits.

Die flitse is besonders klein, helder, langdurig, en selfs pragtig. Al die flitse kan werk met herlaaibare batterye wat ook verskaf word.

Die NiteCoreSA TM11 sal altyd beïndruk met sy merkwaardige 2000 lumens helderheid. Die NiteCoreSA Explorer reeks is perfek vir allerdaagse gebruik en stel 200-320 lumens vry. Verdere funksies sluit in flikker, SOS, battery lading indikasie, elektroniese sluit funkie en verstelbare helderheid. Al hierdie funksies kom in ‘n pragtige donker aluminium omhulsel. Die Sens flitsie is die kleinste en n ideale sleutelhouer wat n allermagtige 190 lumens produseer.

Besoek gerus die webwerf NiteCoreSA.co.za vir fotos, pryse en meer of stuur ‘n epos na Sales@NiteCoreSA.co.za
Produkte kan aanlyn gekoop word en selfs afgelewer word.

Posted on by jonckie

Comments Off on Die regte lig kan veiligheid bied teen gevare in die nag!