Bestuurders se ingesteldhede die rede vir baie ongelukke op ons paaie!

Ons almal kla oor motorversekering so duur is – en as ons nie daarin slaag om die ongeluksyfer op ons paaie te verminder nie sal versekeraars bly sukkel om versekering bekostigbaar te hou! Daar is eenvoudig te veel ongelukke wat plaasvind as gevolg van onverantwoordelike en roekelose gedrag. ‘n Besoeker aan die Arrive Alive webtuiste het ‘n paar fotos aangeheg by sy boodskap en ons wil dit graag ook hier deel met ons lesers.

Boodskap: Varke op die pad- Houdingsgedrag 6:44 AM

“Meneer
Ingeslote as ‘n “attachment” die foto’s.

Ek het onlangs gereis vanaf Groblersdal na Margate. Baie dinge het in ‘n kort tydjie drasties verander op ons paaie. Voertuig getalle het by hul duisende toegeneem, so ook die bestuurders daarvan.

Ook het wetstoepassing verander. Verkeerspolisie sit in hul motors met spoedmeetings apparatuur van die duurste op die mark. Elke verkeerspolisie-motor is van ‘n vêr afstand uitkenbaar. Die polisie-sigbaarheid is hoog, maar dit is ook waar dit stop.

Spoed word ook as die enigste en ergste oorsaak van sterftes op die paaie ge-etiketeer. Dit kom vanaf regeringskant en word slaafs erken deur baie. Sterftes vind mos net plaas wanneer bokant 120km/u gery word. Dit is die beeld wat uitgedra word na die motoris, en hy glo dit. Spoedlokvalle se primêre doel is die in van geld, vir die spesifieke plaaslike owerheid. Padwaardigheids toetse word ook gedoen, maar na my mening is dit steeds ‘n druppel in die emmer ten einde sterftes te voorkom.

Elke dag hoor ons van sterftes, waar voertuie kop-aan-kop bots. Nou hoekom gebeur dit dan? Te vinnig gery as die wetlike perk?

Bestuurders se ingesteldhede t.o.v. padveiligheid is die problem, en dit word nêrens aangespreek nie.

Hoekom ry verkeerspolisie nie in ongemerkte voertuie, pleks daarvan om langs die pad onder ‘n boom te parkeer en te slaap nie, en betrap die skuldiges op die daad. My foto’s is maar bewys van een klein aspek van die wet wat oortree word.

Voordat hierdie aspek nie aangespreek word nie, sal niks verander op die paaie nie.

Ek dank u vir u tyd.

J.J.”

Posted on by jonckie

Comments Off on Bestuurders se ingesteldhede die rede vir baie ongelukke op ons paaie!