Wees versigtig met aankope aanlyn en met jou kredietkaart!

Navorsing toon aan dat al minder Suid-Afrikaners kontant met hul saamdra. Ons maak al meer staat op ons debiet – en kredietkaarte met die maak van aankope. Dit kan toegeskryf word aan beide die gerief van ‘n kaart sowel as veiligheidsoorwegings.

Dit maak ongelukkig ook die deur oop vir kriminele om toe te slaan op diegene wat nie versigtig is met die beskerming van hul kaart en bankbesonderhede nie.

Versekering word ook al meer aanlyn aangekoop vanaf die direkte versekeraars en ons het besluit om wenke te deel met die lesers rakende veiligheid wanneer transaksies aanlyn of met die kredietkaart gedoen word.

Veiligheidswenke

• Rapporteer u verlore of gesteelde kaart onmiddellik aan U bank.
• Moet nooit aan enige een u Persoonlike Identifikasie Nommer (PIN) van u kredietkaart bekend maak nie. Dit sluit in agente van Oproepsentrums. U is die enigste persoon wat die nommer moet ken. Memoriseer die nommer en moet dit nie êrens op die kaart skryf nie. Bêre dit afsonderlik van u kredietkaart.
• Moet nooit u kaart onder u oë laat uitgaan nie. U het die reg om by enige handelaar teenwoordig te wees as dit deur die elektroniese terminaal geveeg word. Skelms maak gebruik van klein toestelle om die elektroniese data van u kaart te verkry. Die inligting kan gebruik word om ‘n vals kaart te maak. Wees dus waaksaam as u kredietkaart gebruik word.
• Moenie u handsak of beursie alleen laat nie. Besonderhede van u kaart kan geneem word sonder dat u bewus is daarvan.
• As u ou kredietkaarte het, sal ons verkies dat u dit vernietig en ons daarvan in kennis stel. Maak asseblief seker dat u die magneetstrook deursny. Verkieslik twee keer horisontaal en twee keer vertikaal.
• Teken die agterkant van u kredietkaart onmiddellik met ontvangs met ‘n balpuntpen.
• Maak altyd seker u kry u eie kredietkaart terug wanneer u aankope doen. Verseker dat u alle gekanselleerde of foutiewe strokies behoorlik opskeur.
• Vernietig alle ou state en strokies voordat dit weggegooi word.
• Die belangrikste is om ten alle tye te weet waar u kredietkaart is.
• Wanneer u die kredietkaart by ‘n OTM gebruik, maak seker dat niemand u PIN kan sien nie.
• Moenie u strokie los by die OTM nie.
• Moenie u kredietkaartnommer telefonies verskaf nie. Behalwe as u self die oproep gemaak het nie.
• Ignoreer enige kredietkaart aanbod as dit vereis dat u geld voor die tyd moet bestee.
• Maak ‘n lysie van al u kredietkaarte, hulle nommers asook tolvry nommers sodat u dit byderhand het as die kaarte gesteel of verlore raak.
• Gaan u maandelikse staat na en maak seker dat u al die transaksies gedoen het. Stel U bank onmiddellik in kennis van enige foute of ongemagtigde transaksies.

Internet veiligheidswenke

• Maak seker dat die webblad veilig is.
• Maak seker dat die webblad wettig is.
• Beskerm u bankkaarte en PIN.
• Hou u Internet Bankdienste se toegang besonderhede ‘n geheim.
• Verander u PIN en toegangswoorde gereeld.
• Moenie u toegangswoorde op die rekenaar se sagteware bêre nie.
• Maak gebruik van anti-virus sagteware.
• Doen veilige aanlyn inkopies.

Voorbeeld

Voorbeeld van e-pos waar gepoog word om op bedrieglike wyse bankbesonderhede te bekom:

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Wees versigtig met aankope aanlyn en met jou kredietkaart!