Wat moet ek weet oor versekering vir my selfoon?

Versekering bied dalk meer gemaklike beskerming!

Daar is by baie verbruikers twyfel of dit die moeite werd is om versekering uit te neem ten einde dekking te verleen vir die verlies of beskadiging van ‘n selfoon. Ons is nou maar eenvoudig ‘n agterlosige klomp en ons laat dikwels ons selfone agter wanneer ons besig raak met allerlei goed wat ons aandag aftrek.

Hierdie selfone word nie net agtergelaat nie maar ook dikwels beskadig deur water, diere of die gespelery van die kinders om ons.

Dit is egter tans met die meer gevorderde “slim” selfone duidelik dat hierdie selfone wel ‘n versekerbare bate is en dat die waarde daarvan dikwels bo die R6,000 is. Dit is huidig die iPhone, Blackberry, Samsung en al meer ander slim en duur selfone wat meer gewild raak!

Dit maak dit ‘n goeie teiken vir kriminele wat maar te deeglik bewus is van die groot mark van gewillige kopers!

Ek wil graag ‘n paar wenke aanhaal vanuit die Blog  – Insurance Chat:

Vind en vergelyk Versekering

Wees bewus van die volgende:

  • Daar is baie versekeraars en ‘n wye verskeidenheid versekeringsprodukte wat dekking kan verleen.
  • Hierdie produkte sal aansienlik verskil in aard, prys en hoe hul aangekoop kan word.
  • Beide produk en prysvergelyking is noodsaaklik.
  • Hierdie versekeringsprodukte kan deur ‘n makelaar of direk van die verskaffer verkry word.

 

Huishoudelike Versekering of Afsonderlike Versekering

Dit is belangrik om deeglik te let op die terme en voorwaardes van bestaande versekering ten einde vas te stel of hierdie items daarby ingesluit kan word. ‘n Belangrike besluit sal wees of die selfoon as ‘n item gespesifiseer moet word by jou huishoudelike versekering en of ‘n afsonderlike versekeringskontrak daarvoor uitgeneem moet word.

Neem die volgende in ag:

  • Moet nooit aanvaar dat hierdie items vanselfsprekend ingesluit word by jou huishoudelike versekering nie – jy sal hierdie items moet spesifiseer.
  • Dit sal waarskynlik aangedui moet word onder “alle risiko” versekering.
  • Maak seker dat die item duidelik identifiseerbaar is – Jy sal aan die versekeraar moet verskaf die fabrikaat, model en reeksnommer.
  • Die item moet verseker word teen die vervangingswaarde en nie die huidige markwaarde.

 

Maak seker dat jy verskillende versekeringsprodukte met mekaar vergelyk en dat jy die versekeringskontrak behoorlik nagaan!

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat moet ek weet oor versekering vir my selfoon?