Video wys party bestuurders het meer hulp nodig as net versekering!

Beskou jy jouself as ‘n goeie bestuurder? Ons is baie keer geneig om ons eie vaardighede agter die stuurwiel te oorskat en gou te vertel hoe swak ander bestuurders is. Ons is van mening dat ons heel bekwaam is agter die stuurwiel en lag maklik vir ander se foute.

Dit is eers wanneer jy op ‘n gevorderde bestuurskursus ry saam met die ervare renjaers en instrukteurs dat jy werklik waaardering ry vir die vaardighede van ‘n goeie bestuurder en ook perspektief kry van jou eie gebreke.

Het jy al daardie snaakse gevoel ervaar wanneer jy as ‘n passasier saam met ‘n onbekwame bestuurder ry en daardie bestuurder sukkel om te parkeer?

Daar is geen beter manier om dit te wys as met hierdie video oor die bestuur van ‘n paar vroue bestuurders nie.

Dit is belangrik om daarop te let dat daar swak mans en vroue bestuurders is en dat vroue geag word om oor die algemeen meer versigtige bestuurders te wees! Let wel – versigtige bestuurders en goeie bestuurders is nie noodwendig dieselfde nie – maar uit die oogpunt van verskering is dit belangrik om te verstaan dat die versigtige bestuurder goedkoper motorversekering sal kan kry!

Posted on by jonckie

Comments Off on Video wys party bestuurders het meer hulp nodig as net versekering!