Bestuur in die noodbaan is selde wettig!!

Om padverkeerswette te eerbiedig is van kardinale belang. Motorversekering vereis ook dat dekking verleen sal word mits gehou word binne die bepalings van die verkeerswette en regulasies.

Wat is die motoris se regte wanneer dit kom by ry in die noodbaan?

Baie min mense weet wat die wet bepaal ten opsigte van gebruik van die noodbaan of geelstreep. Wanneer is die motoris gemagtig om dit te gebruik? Mag ek in die noodbaan beweeg wanneer vinniger verkeer by my verby wil beweeg?

Die antwoord word vervat in Regulasie 298A van die Nasionale padverkeerswet. Volgens wet mag die noodbaan slegs gebruik word wanneer n ware noodgeval ondervind word, soos waar ‘n voertuig wat gebreek het, na die hospitaal gery word met ‘n noodgeval of indien daar dringend gestop moet word as gevolg van ‘n mediese noodgeval.

Op ‘n hoofweg word die noodbaan gereserveer vir noodvoertuie soos die brandweer, ambulanse, reddingsvoertuie en polisievoertuie. Dit beteken dat die noodbaan slegs gebruik mag word in ‘n noodsituasie.

Om die noodbaan te gebruik om ander voertuie verby te steek is dus onwettig. Die enigste uitsondering vir motoriste is waar op ‘n enkel pad met ‘n geelstreep gery word.

In hierdie geval mag ‘n stadigbewegende voertuig na links in die noodbaan beweeg sodat ander motoriste verby mag beweeg.

Die regulasie bepaal egter dat dit slegs mag plaasvind tussen sonsopkoms en -ondergang.

Die motoris moet verder verseker dat hy minstens 150m sigbaarheid het voordat oorbeweeg word. Daar kan dus nie by ‘n blinde hoogte na die pad links van die geel lyn beweeg word nie. In swak weersomstandighede soos tydens stormreen, mistigheid en voetgangers langs die pad is die geel lyn dus taboe.

Die gebruik van die geel lyn moet dus baie versigtig en oordeelkundig gebruik word.

(Inligting vanaf Toyota Zone, 4 Julie 2012 en CrisisonCall)

Hier is die wetgewing soos dit in Engels verskyn:

Prohibition on driving on shoulder of public road, except in certain circumstances

Reg 298A.(1) Subject to subregulation (2) and regulation 298(1)(e), no person shall drive a motor vehicle on the shoulder of a public road.

(2) Notwithstanding subregulation (1), the driver of a motor vehicle may, during the period between sunrise and sunset, drive such motor vehicle on the shoulder of a public road which is designated for one lane of traffic in each direction—

(a) while such motor vehicle is being overtaken by another vehicle; and
(b) if he or she can do so without endangering himself or herself, other traffic, pedestrians or property on such public road;
(c) if persons and vehicles upon a public road are clearly discernible at a distance of at least 150 metres.

Posted on by jonckie

Comments Off on Bestuur in die noodbaan is selde wettig!!