Wat moet ek in gedagte hou as ek my gholfkarretjie verseker?

Die afgelope jaar het die Arrive Alive webwerf verskeie berigte ontvang van beserings as gevolg van die onoordeelkundige gebruik van gholfkarretjies. Dit is nou maar so dat hierdie voertuie nie net deur die oordeelkundige gholfspeler gebruik word nie- maar ook deur meer onervare bestuurders. Dit sluit ook kinders in sowel as bejaardes wat nie vertroud is met die bestuur hiervan nie.

Maar wat van die skade? Kan ek my gholfkarretjie verseker en teen welke skade word verseker deur so ‘n polis?

Ek wil graag aanhaal vanuit die bewoording in die versekeringspolis onderskryf deur Virseker:

Gholfkarretjie – omvattend

Hier kan jy eis vir enige ongelukskade aan jou gholfkarretjie of as dit gesteel is. Jy mag ook eis vir skade wat jy aan iemand anders en hulle eiendom berokken.

Gebruik van die gholfkarretjie

Jy sal net dekking geniet indien jy die gholfkarretjie uitsluitlik vir sosiale, huishoudelike en plesierdoeleindes gebruik. Dit wil sê, as jy ’n plesierige Afrikaner is.

Wat jy betaal wanneer jy eis – die bybetaling(s)

Elke keer wanneer iets gebeur waarvoor jy eis, is jy verantwoordelik vir die basiese bybetaling. Jy moet ook enige van die bykomende bybetalings op die skedule, bo en behalwe die basiese bybetaling, betaal.

Ons sal jou vergoed vir:

Die gholfkarretjie

Die gholfkarretjie is omvattend verseker. Dit beteken ons sal jou vergoed indien die gholfkarretjie beskadig of gesteel word.
Die meeste wat ons vir die gholfkarretjie sal betaal, is die redelike markwaarde daarvan of die waarde wat op die skedule aangetoon word, wat ook al die minste is. Indien die gholfkarretjie gefinansier is, moet ons eers die finansieringsmaatskappy betaal. Indien geen onderdele vir die gholfkarretjie beskikbaar is nie en dit die herstel daarvan vertraag, sal ons jou nie vergoed vir die ongerief of geld wat jy mag verloor of enige aanspreeklikheid wat jy as gevolg van die vertraging mag beleef nie.

Insleep- en stoorkoste

Ons sal die redelike koste om die gholfkarretjie te stoor of na die naaste hersteller te neem, betaal.

Ander partye

Ons sal die ander party namens jou vir skade en koste vergoed indien jy volgens die wet verantwoordelik is vir ’n ongeluk, ’n ander party se eiendom beskadig, óf beswyking of besering veroorsaak. Die maksimum wat ons onder hierdie afdeling sal betaal is R300 000 vir brand en ontploffing en R1 000 000 vir skade aan iemand anders se eiendom. Die maksimum vir dood en besering is die bedrag wat op jou skedule vertoon word. Hierdie perke geld per voorval.

Ons vergoed jou nie vir:

Geen lisensie, dronkbestuur of ’n geëndosseerde lisensie

As die gholfkarretjie bestuur of gesleep is deur ’n kar wat deur die gereelde bestuurder bestuur word of enige persoon wat die toestemming van die gereelde bestuurder het, en die bestuurder:

1 nie gelisensieerd is nie of onder die invloed van alkohol of dwelms bestuur, of terwyl die persentasie alkohol in die bestuurder se bloed die wettige limiet oorskry of indien hy/sy nie ’n asemtoets slaag nie; of
2 ’n bestuurslisensie het wat geëndosseer is, hetsy dit op ‘n bestuurslisensie of by die owerhede vertoon word vir nalatige, roekelose of dronkbestuur, of vir bestuur terwyl die persentasie alkohol in die bestuurder se bloed die wettige limiet oorskry.

Ongemagtigde gebruik van die gholfkarretjie

Indien iemand die gholfkarretjie gebruik sonder jou medewete of toestemming en jy nie binne 48 uur ’n kriminele klag teen hulle ingedien het nie. Jy mag ook nie die klag terugtrek nie.

Gholfkarretjie in die buiteland gebruik

Ons sal jou nie vergoed of iemand anders namens jou vergoed as die gholfkarretjie buite Suid-Afrika gebruik word nie.

Dood of besering van ’n lid van jou huishouding of ’n werknemer weens ’n ongeluk

As ’n lid van jou huishouding sterf of beseer is in ’n ongeluk wat verband hou met, of veroorsaak is deur die gholfkarretjie, of iemand wat vir jou werk, sterf of beseer word terwyl hy/sy besig is om in of met die gholfkarretjie te werk.

Eiendom in jou besit en dié van die lede van jou huishouding

As die eiendom in jou besit jou eie is, of die eiendom van die lede van jou huishouding of ander eiendom wat jy en die lede van jou huishouding by hulle het, ten tye van die ongeluk wat verband hou met of veroorsaak is deur die gholfkarretjie, of items binne die gholfkarretjie, behalwe as jy dit onder gholfkarretjie-inhoud verseker het.

Versekering onder die Padongelukfonds

Vir enige iets wat onder die verpligte Padongelukfonds betaal sal word.

Dood of besering van enige persoon
Indien hy/sy tydens die ongeluk in die gholfkarretjie was.

Gholfkarretjie – DIEFSTAL

Hier kan jy eis as jou gholfkarretjie by die risiko-adres gesteel word.

Gebruik van die gholfkarretjie

Jy sal net dekking geniet indien jy die gholfkarretjie uitsluitlik vir sosiale, huishoudelike en plesierdoeleindes gebruik. Dit wil sê, as jy ’n plesierige Afrikaner is.

Wat jy betaal wanneer jy eis – die bybetaling(s)

Elke keer wanneer iets gebeur waarvoor jy eis, is jy verantwoordelik vir die basiese bybetaling. Jy moet ook enige van die bykomende bybetalings
op die skedule, bo en behalwe die basiese bybetaling, betaal.

Ons sal jou vergoed vir:

Die gholfkarretjie

Ons sal jou vergoed indien die gholfkarretjie gesteel word terwyl binne die gronde van die risiko-adres waar jy bly en jou versekerde goedere hou.
Die meeste wat ons vir die gholfkarretjie sal betaal, is die redelike markwaarde daarvan of die waarde wat op die skedule aangetoon word, wat ook al die minste is. Indien die gholfkarretjie gefinansier is, moet ons eers die finansieringsmaatskappy betaal.

Ons vergoed jou nie vir:

Ongemagtigde gebruik van gholfkarretjie
Indien iemand die gholfkarretjie gebruik sonder jou medewete of toestemming en jy nie binne 48 uur ’n kriminele klag teen hulle ingedien het nie. Jy mag ook nie die klag terugtrek nie.

Dood of besering van ’n lid van jou huishouding of ’n werknemer weens ’n ongeluk

As ’n lid van jou huishouding sterf of beseer is in ’n ongeluk wat verband hou met, of veroorsaak is deur die gholfkarretjie, of iemand wat vir jou werk, sterf of beseer word terwyl hy/sy besig is om in of met die gholfkarretjie te werk.

Eiendom in jou besit en dié van die lede van jou huishouding

As die eiendom in jou besit jou eie is, of die eiendom van die lede van jou huishouding of ander eiendom wat jy en die lede van jou huishouding by hulle het, ten tye van die ongeluk wat verband hou met of veroorsaak is deur die gholfkarretjie, of items binne die gholfkarretjie, behalwe as jy dit onder gholfkarretjie-inhoud verseker het.

Versekering onder die Padongelukfonds

Vir enige iets wat onder die verpligte Padongelukfonds betaal sal word.

Besoek ook:

Golf Carts and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on Wat moet ek in gedagte hou as ek my gholfkarretjie verseker?