Waak teen die gevare van die “Blindekol” op die pad

Ons almal het al daardie koue gevoel ervaar van ‘n voertuig wat skielik verby ons blits. Net verlede week was ek reg om van laan te verander toe daar skielik ‘n voertuig naby my verby jaag. Genadiglik het ek daardie ekstra oomblik geneem om van laan te verander nadat ek in die spieëltjie aan my regterkant geloer het!

Daar is heel dikwels versekeringseise vir die sogenaamde “sy stamp” of “side swipe” ongelukke en ons wil graag kortliks let op advies vanaf die Arrive Alive webtuiste ten einde hierdie ongelukke te voorkom.

  • Maak seker dat niks versteek is buite sig wanneer jy van laan verander of uit ‘n parkeerruimte beweeg nie.
  • Dit is veral maklik om sig te verloor van voetgangers en fietsryers in die spasie agter die pilaar tussen die voorste en agterste sitplekke.
  • Wanneer jy ‘n aansluiting nader is dit wenslik om verder vorentoe te kyk sowel as na jou regterkant ten einde te verseker dat jy alles waarneem voordat dit agter die pilaar verlore raak.
  • Gaan jou truspieëltjie behoorlik na en verstel sodat jy kan vasstel waar is die blindekol… Moenie net staatmaak op die spieëltjies nie en draai ook jou nek en kop om seker te maak van gevare…
  • Maak seker dat jy jou rigtingaanwysers gebruik voor jy links of regs beweeg.
  • Selfs na jy jou aanwysers gebruik het maak dubbel seker en beweeg dan geleidelik teen dieselfde spoed of effe meer na die ander baan.
  • Aanvaar dat die bestuurder van die voertuig aan jou linker of regterkant dalk nie bewus is van jou nie en verminder of vermeerder eerder jou spoed ten einde nie in sy blindekol te bly nie.
  • Maak ‘n punt daarvan om uit ander voertuie se blindekol te bly – veral groter voertuie soos vragmotors.

 

Besoek die Arrive Alive webtuiste vir meer inligting om ongelukke te voorkom.

Posted on by jonckie

Comments Off on Waak teen die gevare van die “Blindekol” op die pad