Video van ongeluk wys waarom sitplekgordels so belangrik is!

Wanneer ons praat oor motorongelukke en botsings is ons dikwels oorversigtig om tog nie mekaar te ontstel nie. Ons skram dikwels weg van die nare realitieite – en hierdie realiteit is die wreedheid van lyke en bloed wat dikwels voorkom kon word deur versigtige bestuur!

Dit is versigtigheid wat ons passasiers in ag neem sowel as ander padgebruikers! Dit is slegs met versigtigheid dat ons daarin kan slaag om die dodetal op ons paaie te verminder en botsings te vermy.

‘n Goeie vriend het ‘n epos aan die Arrive Alive webtuiste gestuur wat aantoon waarom dit so belangrik is om veiligheidsgordels te dra. Hierdie video is geneem in Riyadh, Saudi Arabia en die beskrywing toon aan dat die voertuig ongeveer 200km/h gery het ten tyde van die ongeluk. Tydens die impak is van die passasiers uit die voertuig geslinger en dit blyk dat al 4 insettendes gesterf het! [Video nie vir sensitiewe kykers]

Die afgelope week was daar weer talle noodlottige ongelukke op Suid-Afrikaanse paaie. Net gister is 3 mense oorlede in ‘n aaklike ongeluk op die N2 naby Durban. Gisteraand is 7 mense dood in ‘n ongeluk tussen ‘n minibus taxi en ‘n vragmotor naby Kroonstad. Ons wil graag padgebruikers aanmaan om mooi na te dink voordat hul in voertuie klim. Maak seker dat nie net die bestuurder nie – maar alle passasiers en ook kinders behoorlik vasgegordel is!

Selfs voordat ons dink oor versekering en motorversekering moet ons dink aan veiligheid en alles wat ons moontlik kan doen om onsself te beveilig!

[ Ek het self ‘n ouer verloor tydens ‘n ongeluk in die dae voordat sitplekgordels in alle voertuie geinstalleer is!]

Posted on by jonckie

Comments Off on Video van ongeluk wys waarom sitplekgordels so belangrik is!