Hoe koud is “Snerpend” koud?

Shell Garage by Drie Susters

Verlede week was die Arrive Alive webwerf nogals besig met nuusberigte oor padsluitings en motoriste wat gestrand is in die sneeu in die Suid- en Oos-Kaap. ‘n Gereelde besoeker en vriend in padveiligheid het fotos gestuur van hierdie koue.

Ons het ook hierdie juweel ontvang van ‘n vriendin wat pragtig opsom hoe koud dit werklik was:

“Seuntjie kom van skool af en vertel sy ma dat hy vandag ‘n nuwe woord geleer het om in die plek van die “F” woord te gebruik.

Baie skepties en versigtig vra sy ma hom wat die woord is.

Antwoord hy : ” Juffrou het gesê, ek moet liewer sê, dit is SNERPEND koud…..”

Verkeer naby Dodrecht nadat pad tussen Queenstown en Jamestown gesluit is weens sneeu

Sneeu tussen Graaff-Reinet, Middelburg and Cradock

Posted on by jonckie

Comments Off on Hoe koud is “Snerpend” koud?