Wie sal jy skakel in ‘n noodgeval?

'n Unieke noodgeval

Het jy al gedink wie jy sal kontak in die geval van nood. Hierdie noodsitusies kan wees in die geval van ‘n ongeluk op die pad maar ook ‘n noodgeval by die huis of selfs ‘n mediese noodgeval.

Te dikwels kom ons agter dat ons gebrek aan voorsorg en paraatheid ons duur te staan kom! Dit is veral in die geval van ‘n noodsitusie op die pad dat ons dikwels impulsiewe besluite neem en enige aanbod om hulp goedsmoeds aanvaar en enige dokumentasie onderteken.

Ons vind dan dikwels tot ons skok uit dat ons baie duur moet betaal vir die wegsleep van ons voertuig of die stoor daarvan. Vir talle van ons is daar ‘n pa of eggenoot of broer wat ons skakel en wat moontlik oor ‘n kalm geaardheid en nugtere denke beskik ten einde vir ons die regte advies te gee!

Dit is baie belangrik dat ons ook ag slaan op die advies van ons versekeraar en sy raad oor wat om te doen in die geval van nood.

In die geval van ‘n motorongeluk mag daar bepaalde noodnommers wees om te skakel. Daar mag ook vooraf bepaal word wie die voertuig mag insleep en waarheen dit gesleep moet word. Die versekeraar mag addisionele bystandsdienste verleen waarvan ek en jy reeds nou bewus behoort te wees.

Dit is nie net op die pad waar ons versekeraar hulp kan verleen nie. By noodsituasies soos ‘n gebarste geyser of waterpyp kan daar ook tydige noodsaaklike bystand verleen word ten opsigte van die herstel of vervanging daarvan.

Ons wil graag aanbeveel dat ons nou reeds aan onsself bepaalde vrae stel. Dit kan insluit die volgende:

–          Wie moet ek kontak in die geval van ‘n motorongeluk?

–          Verskaf my versekeraar bystand ten opsigte van die wegsleep en herstel van die voertuig?

–          Is daar bepaalde nommers wat die versekeraar aan my gee om te skakel?

–          Het ek hierdie nommers op my selfoon gestoor?

–          Watter nommer moet ek skakel in die geval van skade by die huis?

Dit is belangrik dat ons vroegtydig die sogenaamde “slegste scenario moontlik” vrae aan onsself rig! Bestudeur sorgvuldig die polisbesonderhede van jou versekering en sleutel die belangrike telefoonnommers sommer nou al in jou selfoon in!

Daar is hulp naby!!

Posted on by jonckie

Comments Off on Wie sal jy skakel in ‘n noodgeval?