Jong bestuurders in Brittanje sukkel met bekostigbare motorversekering!

Daar is al heelwat geskryf oor die duur motorversekering vir jong bestuurders. Ons het in die verlede al hierdie duur premies beredeneer en gevind dat die eise geskiedenis meer as genoeg rede verskaf vir hierdie premies. Jonger onervare bestuurders is eenvoudig minder versigtig en meer roekeloos.

Hul is meer geneig tot bestuur tydens die gevaarlike laat naweekaande en maak hul dikwels skuldig aan bestuur teen onveilige spoed en dronkbestuur. Hul probeer dikwels hul maats beindruk en oorlaai ook dikwels voertuie tussen die kuierplekke!

Hierdie is nie ‘n unieke verskynsel in Suid-Afrika nie en kom in ander lande ook voor.

Dit is veral in Brittanje waar motorversekering verpligtend is en waar baie jong bestuurders voel dat dit onbekostigbaar duur geword het. Jong bestuurders betaal ongeveer 18-20% van hul maandelikse inkomste aan motorversekering! Maar hoe duur is dit werklik?

Navorsing deur Confused .com en Towers Watson en Brittanje toon aan wat die gemiddelde voertuigpremies is in Brittanje:

Gemiddelde premies vir voertuigversekering in Brittanje volgens ouderdom:

17-20: £2,499

21-25: £1,411

26-30: £915

31-35: £679

36-40: £597

41-45: £674

46-50: £733

51-55: £680

55-60: £533

61-65: £446

66-70: £440

71+: £436

Gevolgtrekking:

Dit is uiters belangrik vir hierdie jong bestuurders of voertuigeienaars om behoorlik prysvergelyking te doen van die verskillende versekeringsprodukte! Dit is ook belangrik om te let op die moontlikheid dat tegnologie moontlik bewys kan verskaf van werklike bestuursvernuf. Daar is tans al meer versekeraars waat gebruik maak van tegnologie om bestuursgedar te monitor.

Soos wat dit al duurder word om voertuie te verseker is dit ook meer belangrik vir versigtige bestuurders om nie oor dieselfde kam geskeer te word as ander  van hul oudersdomsgroep nie. Versekerings telematika mag dalk in die toekoms ‘n uitweg bied vir hierdie bestuurders.

 

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Jong bestuurders in Brittanje sukkel met bekostigbare motorversekering!