Hoe belangrik is dit om vinnig jou mediese inligting te bekom op die ongelukstoneel?

ER24 Paramedici op die ongelukstoneel

Die publiek is nie altyd bewus watter verskil tydige mediese inligting in die red van ‘n lewe kan maak nie. Die ironie is dat dit gewoonlik ʼn vreemdeling is wat tot ʼn persoon se redding kom in ʼn mediese noodgeval. Daardie vreemdeling het baie goeie mediese kennis en weet hoe om korrek en vinnig op te tree om ‘n lewe te red.

Daar is egter ʼn baie groot faktor waaraan min mense dink. Paramedici word egter daagliks met hierdie faktor gekonfronteer. ʼn Faktor wat soms die verskil tussen lewe en dood kan maak. Dit word genoem tydige mediese inligting.

Die eerste en belangrikste taak van ʼn paramedikus is om ʼn lewe te red. Tydens die reddingsaksies speel mediese inligting ʼn kardinale rol. Hoe meer inligting oor ʼn pasiënt beskikbaar is, hoe beter kan ingeligte besluite geneem word.

ʼn Voorbeeld: ʼn Pasiënt gebruik ʼn bloedverdunner (Warfarien). Indien die paramedikus daarvan weet sal hy totaal anders optree in sy behandeling. Indien hy dit nie weet nie kan sy standaard protokol behandeling katastrofies wees. Dit is dus vir hom baie belangrik om sy pasiënt te ken deur ʼn betroubare sisteem wat tydige inligting beskikbaar stel.

Ons dra ons mediese fonds kaart in ons beursie/handsak. Tydens ʼn impak botsing is dit baie naaklik vir die pasiënt om van sy persoonlike besittings geskei te word. Dan is daar nog die ongelukkige realiteit dat pasiënt ʼn maklike teiken vir rowers is. Handsakke/beursies word gesteel vir die moontlike kontant en waardevolle items wat daarin is. Ongelukkig beteken dit ook dat ‘n mediese fonds kaart saam verdwyn.

Selfone met inligting op beteken ook nie veel nie. Dit kan breek, verwyder van die pasiënt wees of gesteel word. Watter foon behoort aan watter persoon?

Wat van ʼn goue kettinkie of juweliersware? Ongelukkig is die realiteit dat dit ook maklik afruk of gesteel word.

Nog ʼn aspek wat nie uit die oog verloor moet word nie is die feit dat los items nie altyd maklik aan ʼn spesifieke persoon gekoppel kan word nie.

ʼn Gebrek aan inligting beteken in effek dat die paramedikus sy lyf speurder moet hou. Hy moet besluit of hy sy pasiënt gaan behandel of soek vir inligting! Dit is nie baie moeilik om te weet wat hy gaan kies nie.

Die publiek is baie keer onkundig oor hierdie aspekte.

CrisisOnCall het in samewerking met paramedici ʼn identifikasiestelsel daar gestel wat ontwikkel is deur paramedici en deur hulle onderskryf word. Vir byna tien jaar het hierdie armbandjie reeds verskeie lewens gered. Dit is nou ook beskikbaar in ʼn produk met die naam iLive911. Vir meer inligting stuur gerus ʼn epos na marketing@crisisoncall.co.za en maak die opskrif iLive911 Arrive Alive.

CrisisOnCall kan ook geskakel word by 0861 57 47 47 (Bemarkingskantoor)

Besoek gerus die volgende skakels:

Identification of a patient at the scene of an accident

Posted on by jonckie

Comments Off on Hoe belangrik is dit om vinnig jou mediese inligting te bekom op die ongelukstoneel?