Die Vriendelike Stad Port Elizabeth neem voortou in bandetoestand-peiling

―Min beskadigde bande in Port Elizabeth aangeteken―

 

6 Junie 2012

Bridgestone se voortdurende Bandepeiling het ’n groot mylpaal bereik toe die tweede ronde van die 2012-peiling ’n draai in Port Elizabeth gemaak het – die tuiste van dié bandevervaardiger se twee Suid-Afrikaanse aanlegte.

Die peiling, wat op 26 Mei in die parkeerterrein by Pick n Pay in die Moffett-inkopiepark gedoen is, het 1 172 bande van 293 voertuie behels. Die banddruk, loopvlakdiepte en algehele toestand is ondersoek. Die peiling is deur Bridgestone-bandespesialiste gedoen wat elke band wat getoets is, aangedui het as ‘goed’ (banddruk tussen 180 kPa en 290 kPa), ‘gevaarlik’ (banddruk onder 180 kPa maar hoër as 150 kPa) of ‘uiters gevaarlik’ (banddruk van minder as 150 kPa of hoër as 290 kPa).

Die span wat die bande ondersoek het, het ’n bandeverslag onder die ruitveër van elke voertuig waarvan die bande ondersoek is, geplaas en Bandeveiligheid-geskenkpakkies vol verwante bandemateriaal, waaronder hul eie banddruk- en loopvlakdieoptemeter, uitgedeel . “Daar was puik interaksie van die publiek,” het Mandy Lovell, Bridgestone se skakelbestuurder, gesê. “PE is werklik die Vriendelike Stad!”

Sy het bygevoeg dat die toestand van die bande wat ondersoek is, bemoedigend was. “Ses persent van die bande het in die afdeling vir gevaarlike banddruk geval, terwyl nog ses persent as ‘baie gevaarlik’ geklassifiseer is,” het sy verduidelik. Die oorblywende 88 persent van die ondersoekte bande is as ‘goed’ geklassiseer, terwyl dit die derde keer was dat dié persentasie in ’n peiling aangeteken is, hoewel dit steeds minder is as die toonaangewende 95 persent wat in Februarie 2012 in die parkeerterrein van die Carnival-winkelsentrum aangeteken is.

Maar, hoewel PE die topposisie vir banddrukveiligheid naelskraap gemis het, het die Vriendelike Stad die louere vir bande se toestand ingeoes. Die laagste voorkoms van onveilige of afgeloopte bande tot nog toe is in dié peiling aangeteken: net 1,5 persent, wat minder as die helfte van die vorige rekord van 3,3 persent is wat in die voorafgaande peiling aangeteken is.

“As ’n mens in ag neem dat altesaam 20 persent van bande in 2007 as onveilig geklassifiseer is toe die peiling begin het, is PE se 1,5 persent die absolute hoogwatermerk in die veldtog.”

Lovell het verder verduidelik dat gladde bande waarvan die loopvlak afgeloop is, nie water kan verplaas nie en dus geen klouvermoë in nat toestande sal hê nie, wat die gevaar van watergly verhoog, terwyl bande met snye, kneusplekke en blase te eniger tyd skielik kan ingee (bars).

“Ons is baie in ons skik met die lae voorkoms van beskadigde bande in PE,” het sy gesê. “Dit is bemoedigend om te sien hoe motoriste na hul voertuie se bande omsien. Dit is net so belangrik om die banddruk met gereelde tussenposes na te gaan. PE is natuurlik ook die tuiste vir baie van die Bridgestone-familie, en vir die res van ons is dit soos ’n tweede tuiste.

Dit is altyd lekker om hierheen te kom en die Vriendelike Stad se warm gasvryheid te kom geniet,” het sy afgesluit.

Tyre Pressure Check

Agtergrond-inligting oor Bridgestone Suid-Afrika:

Bridgestone Suid-Afrika is ’n volfiliaal van die Bridgestone-Korporasie met sy hoofkantoor in Tokio, en die wêreld se grootste vervaardiger van bande en ander rubberprodukte. Ons is daartoe verbind om nou saam met motoriste te werk om bandeveiligheid te bevorder en het ons steun aan ons wêreldwye Bandeveiligheidsveldtog toegesê. Ons fokus in pas met ons Omgewingsmissiestelling op drie belangrike doelwitte – ekologiese bewaring, hulpbronbeskerming en die vermindering van koolstof-uitlaatgasse.

For more detail view:

Road Safety and Tyre Safety

For more on Tyre Safety and Car Insurance:

Car insurance might not cover accidents with smooth tyres on your car!

Tyres and Road Safety

Tyres and Car Insurance

What is the causal link required before a car insurer can reject your claim?

Posted on by jonckie

Comments Off on Die Vriendelike Stad Port Elizabeth neem voortou in bandetoestand-peiling